Kersfees sonder migraine en hoofpyn

SARIE - Desember 2009

Hier is 'n paar wenke vir die feestyd as jy geneig is tot migraine en hoofpyne.

Die Desember-vakansie is gewoonlik 'n tyd vir drankies, lekker kos en jolig wees. Mense wat aan hoofpyne en migraine ly, moet egter versigtig wees wat hulle by die volgende paar weke se Kerspartytjies eet en drink.

Dr. Elliot Shevel, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Hoofpyn-vereniging, gee die volgende raad aan mense wat geneig is om hoofpyne en migraine te kry, sodat hulle ook die vakansie kan geniet.

* Drink baie water
Dehidrering veroorsaak dikwels hoofpyne en migraine, so maak seker jy bly goed gehidreer. Dit bly die beste om water te drink, aangesien drankies soos gaskoeldrank bestanddele bevat wat geneig is om hoofpyn te veroorsaak. Ander bestanddele wat vermy moet word, sluit kafeïen en versoeters in.

Onthou dat alkohol ook tot dehidrering lei. Drink minstens een glas water vir elke glas alkohol wat jy inneem.

* Kry genoeg slaap
Met al die feesvieringe is 'n mens geneig om min slaap te kry. Maak seker jy kry genoeg slaap om hoofpyne te vermy.

* Eet reg
'n Gesonde dieet met gereelde en gebalanseerde maaltye kan wondere doen vir mense wat geneig is om hoofpyn te kry.

* Dra 'n sonbril
Mense wat hoofpyne en migraine kry, is dikwels sensitief vir skerp, helder lig. 'n Hoed of sonbril met goeie beskerming kan dalk net die ding doen.

* Seisoenverandering
Verskillende soorte stuifmeel in die lug kan tot hooikoors en sinus-kongestie lei, wat ook hoofpyne kan veroorsaak.

* Probeer jou stres beheer
Stres lei dikwels tot hoofpyne. Probeer om jou stres te beheer en beplan vooruit vir groot familie-byeenkomste en vakansies om spanningshoofpyne te keer. Probeer byvoorbeeld om take onder familielede te verdeel, nie jou inkopies tot die laaste minuut te los nie en sorteer reisplanne vroegtydig uit.

* Sensitief vir sterk reuke?
Sekere geure en sterk reuke kan dikwels hoofpyn veroorsaak. Maak seker jy koop reuklose sonbrandmiddel, insekteweerders en ander somer-produkte. Vra ook jou apteker se raad.

Verwante artikels

  • Die geur van Kersfees

    Die geur van Kersfees

    SARIE - Desember 2009

    Ons onthou spesiale dae deur hul kleure én geure. 6 bekendes deel hul koester-herinnerings om Kersfees

  • Eet jouself flinker en blinker

    Eet jouself flinker en blinker

    SARIE - April 2008

    Moeg, geïrriteerd, neerslagtig? Soms wil jy net al jou probleme weg-eet. En hoekom nie? Sekere kos kan jou brein beïnvloed om jou beter te laat voel

  • Gesonde Kersfees!

    Gesonde Kersfees!

    SARIE - Desember 2006

    Nee, dis nié nou die tyd om te dieet nie. Geniet ’n lekker feestyd. SARIE vertel jou hoe jy gesond, energiek en stralend kan voel – en lyk

  • Kersfees in jou hart

    Kersfees in jou hart

    SARIE - Desember 2010

  • Maak jou eie geskenkkaartjies en Kersboom vir Kersfees 2010

    Maak jou eie geskenkkaartjies en Kersboom vir Kersfees 2010

    SARIE - Desember 2010

    Het die Kersseisoen jou alweer oorval met min tyd oor en baie om te doen?!

  • Son-vriendelik en slim

    Son-vriendelik en slim

    SARIE - Oktober 2009

    Die weelde van somerson verdryf die winterkoue finaal, gee nuwe energie en maak jou lus vir die lewe. Maar jy moet jou sonstorie ken om die nadele te vermy. Debbie D'Aquino, adjunk-president van produkontwikkeling by Clinique, gee die feite.

  • “Ek eet my migraine weg”

    “Ek eet my migraine weg”

    SARIE - Mei 2008

    Sy het deur die jare álles denkbaar probeer vir haar verblindende migraines. Ná meer as 50 jaar is Christine Botha, ontwerper in SARIE se kunskantoor, nou verlos van die pyn – met ’n splinternuwe eetpatroon.

Kommentaar

Web Development by FormFunction