FOTO: Insatgram  @thaisbarja

FOTO: Insatgram @thaisbarja

Gesondheidstories

3 wenke om jou brein jonk te hou

Vergeet jy mense se name sekondes nadat hulle aan jou voorgestel is? Of sukkel  jy dalk om te onthou waar jy jou sleutels en beursie gesit het? Volg hierdie drie wenke en hou jou brein jonk, sê The Huffington Post.

1. Sit jou beste voetjie voor en dans

’n 2003-studie wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, wys dat bejaardes wat drie tot vier dae per week dans, veral baldans, ’n 75% laer risiko het om demensie te ontwikkel, vergeleke met dié wat glad nie dans nie. “Dans is ’n komplekse en aërobiese aktiwiteit wat bloedvloei na die brein bevorder,” sê die studie se hoofskrywer, dr. Joe Verghese van die Montefiore Mediese Sentrum in New York.

2. Leer gerus nog ’n taal

Tweetalige mense ontwikkel demensie gemiddeld vier en ’n half jaar later as mense wat net een taal praat. Dié 2013-studie se resultate wat in die joernaal Neurology gepubliseer is, het ook bevind dat mense wat meer as een taal magtig is beter konsentreer.

3. Verander lettertipe

Pleks daarvan om dokumente in Arial of Times New Roman te lees, probeer liefs lettertipes soos Comic Sans of Bodoni wat moeliker is om te lees. Jou brein raak sterker as jy hom harder laat werk. ’n Artikel wat in die Harvard Business Review gepubliseer is, verwys na bevindings dat studente wat teks in minder algemene lettertipes ontvang, meer van die inhoud onthou.

Vir meer wenke LEES HIER.