FOTO: Phyllis Green

Gesondheidstories

Wetenskaplikes verduidelik waarom ons ons geliefdes seermaak

Al ooit gewonder hoekom ons dié mense vir wie ons die liefste het, soveel leed (in woord en daad) aandoen? Wetenskaplikes verduidelik hierdie gewoonte.

Current Directions in Psychological Science het ná drie dekades se navorsing oor aggressie bevestig dat ons meer geneig is om die mense na aan ons seer te maak – sielkundig of fisiek.

Dit is nog onseker wat die rede is, maar dis dalk omdat ons baie tyd met hulle deurbring of omdat ons verhoudings met hulle sterker is en ons nie bekommerd is dat hulle uit ons lewe sal verdwyn nie.

Deborah South Richardson, ’n sielkunde-professor aan die Georgia Regents-universiteit, het aan Huffington Post verduidelik dat dit nie noodwendig vreemdelinge is vir wie ons behoort bang te wees nie, maar eerder dié na aan ons.

Ander bevindings van Richardson se navorsing:

  • Mans is meer geneig as vroue om van direkte aggressie (skree, slaan en konfrontasie) gebruik te maak.

  • Dit is meer waarskynlik dat familielede en geliefdes die teiken van direkte aggressie is.

  • Nie-direkte aggressie – waar konfrontasie nie plaasvind nie – kom meer dikwels voor. Sowel mans as vroue gebruik dit.

  • Vriende is meer geneig om die teiken van indirekte aggressie, soos skinder en passiewe aggressie, te wees.

Bronne: Current Directions in Psychological Science en Huffington Post

Wat is die statistiek in SA?

Bertha le Roux Julie 2014 jul julyEen vrou word elke 8 uur in SA deur ’n geliefde vermoor. In die Julie-uitgawe van SARIE kyk ons na gevaarlike verhoudings én gee raad as jy dalk in só ’n verhouding is.

SARIE-joernalis Gloria Cilliers gesels ook vanoggend (2 Julie) om 10:30 oor dié onderwerp op die Kaapse radiostasie Smile FM. Luister aanlyn HIER.

  • Catherine

    en alles gaan eintlik oor emosionele onvolwassenheid Mense kan nie probleme oplos nie en wil hul wil afdwing deur woede, aggressie, ens