FOTO Instagram / @hillaryclinton

FOTO Instagram / @hillaryclinton

Gesond

Hillary (en die Demokrate) se hoes

Die Amerikaanse verkiesing is beter as enige sepie en die res van die wêreld kyk gefassineerd toe. Soos nou weer toe bakteriese longontsteking by Hillary Clinton gediagnoseer is en sy haar mediese rekords moes bekend maak, berig Washington Post.

Wat is longontsteking, en hoe verskil dit van brongitis (longpypontsteking)? Albei kan veroorsaak dat jy weke lank jou longe uithoes. Maar daar is belangrike verskille.

Longontsteking

Longontsteking is presies wat die woord sê: Inflammasie van die long. Jy voel gewoonlik baie erger as iemand met brongitis.

Simptome, behalwe ’n pynlike en gereelde hoes, kan insluit:

– Koors

– Borspyn

– ’n “Klam” hoes

– Hoofpyn

– Moegheid

– Kouekoors

Daar is verskeie soorte, maar bakteriese longontsteking is die algemeenste by volwassenes. Dit kan jou baie siek maak en is ’n leidende oorsaak van dood by Amerikaners, volgens die mediese webtuiste Webmd.

Bakteriese longontsteking word met antibiotika behandel en dis belangrik dat jy behoorlik rus. Iemand van Hillary se ouderdom (bo 65) behoort ná ’n paar dae haar werk te kan hervat – mits sy rus, wat onse Hillary duidelik nie gaan doen nie. Maar dit kan etlike weke (sowat 4-6) duur voordat jy weer jouself voel, volgens The Washington Post.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Brongitis

Akute brongitis is inflammasie van die lugweë wat na die longe toe lei. Dit kan ná ’n virus-infeksie, soos verkoue of griep, toeslaan of op sy eie ontwikkel. Tipies gaan antibiotika nie daarvoor help nie, want dit maak nie hond haaraf met ’n virus nie.

Simptome

– Aanhoudende hoes, met of sonder slym

– Seerkeel

– Borspyn

– Bors-kongestie

– Kortasem

– Bors fluit

– Lyfseer

– Kouekoors

Akute brongitis kan binne ’n week vanself opklaar, maar die hoes kan weke of selfs maande voortduur, volgens Webmd.

Lees nou

5 goed wat skool jou nooit geleer het nie

Katy Perry kon nie ophou huil nie

Jackie O op die silwerdoek