FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Gesond

Mooier in ’n drup

Hoekom kry Karlien van Jaarsveld ’n drup?

Sy is glad nie siek of in ’n hospitaal nie. Inteendeel, die Afrikaanse sanger Karlien van Jaarsveld voel soos ’n nuwe mens. Haar geheim? ’n Weeklikse vitamiendrup.

“Die effek is ongelooflik. Ek voel soos ʼn nuwe mens. Ek het nuwe krag en energie en voel gesond en lewendig,” het Karlien aan Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, gesê.

Gister het Karlien ’n foto van haarself op Instagram geplaas waar sy haar “weeklikse drup” ontvang het.

Karlien het dit aangepak oor sy sukkel met haar energievlakke en “deur die dag baie moeg is”. “Ek kry dit in dié stadium een keer per week tot ek ses druppe gedoen het. Daarna kry ek dit elke maand,” verduidelik sy.

Maar sy is nie al een wat dit laat doen nie. Danielle de Villiers, AB de Villiers se vrou, is ook ’n aanhanger.  

In Suid-Afrika is vitamiendruppe dalk ’n “nuwe” gonswoord en gier, maar in Hollywood is dit al ou nuus. Bekendes soos Madonna, Cindy Crawford, Gwyneth Paltrow, Rihanna en Cara Delevingne gebruik dit, berig The Australian.

‘Vitamiene is nie Smarties nie’

Maar SARIE se dieetkundige, Mariza van Zyl, meen jy kan “meer kwaad as goed doen op die lang duur”.

“Vitamiene is nie Smarties nie. En op die lang duur kan jy selfs toksisiteit in jou liggaam veroorsaak.”

Mariza beveel die vitamiendrup nie aan nie, veral nie vir iemand wat geen vitamientekort het nie of wat nie ernstig siek is nie.

“’n Vitamiendrup is net ’n korttermyn-pleister – dit kan nie ’n gebalanseerde dieet wat uit ’n verskeidenheid kosse bestaan, vervang nie.”

Maar volgens dr. Eunice van Wyk, ’n algemene praktisyn by FemMed Health, die Pretoriase kliniek waar Karlien haar behandeling ontvang, is dit nie sommer net ’n gesondheidsfoefie nie – dit toon werklike resultate.

“Almal het ’n mate van inflammasie, in enige stadium van hul lewe, weens stres, ’n ongesonde leefstyl, besoedeling, harde oefening en ’n wanbalans in hormone. Dit sit ons lewer onder geweldige druk en so raak die natuurlike detoksproses minder doeltreffend. Die gevolg? Pasiënte wat moeg is, maar sukkel om te slaap of te veel slaap, lae energie-vlakke en ’n terneergedrukte gemoed.”

Dr. Van Wyk meen die volgende resultate kan verkry word:

– Meer energie

– Beter gemoed

– Beter slaappatrone

– Beter vel (oor die detoks wat plaasvind)

– Makliker gewigsverlies (oor jou lewer ondersteun word)

Volgens dr. Van Wyk is hul drup ’n noukeurige resep met 9 bestanddele en dit word net deur dokters toegedien.

“Dit word ook aangepas per individu. Dit werk op fosfolipied-uitruilterapie en fokus sterk op selwandgesondheid sodat die selle doeltreffender funksioneer. Almal het dit nodig, party mense net meer as ander.”

Maar dr. Van Wyk sê sodra jy daarmee ophou, sal jou toestand stadig maar seker terugkeer na waar jy voor die behandeling was.

“Jou lyf kan ook net soveel op ’n slag opneem, daarom beveel ons aan dat jy ’n drupskedule voltooi. Dit begin met ’n weeklikse drup vir 4 – 6 weke. Daarna hoef jy net elke 2,3 of 4 weke ’n drup te kry.”

Volgens Marisa Ravenscroft, woordvoerder van Skinrenewal, sal elke pasiënt ’n volledige mediese ondersoek moet ondergaan voor die eerste sessie.

Die behandeling is nie geskik vir swanger vroue nie. Dr. Van Wyk, wat self swanger is, het dit voor haar swangerskap gereeld gebruik.

“Vir my, as mamma van ’n 3-jarige en 2-jarige én in ’n nuwe praktyk, het dit ’n groot verskil gemaak. Ek kry môre my derde dogtertjie en ek sien daarna uit om ná die geboorte die behandeling te hervat.”

Een drup sal jou R1 200 uit die sak jaag. En vir vier of meer druppe sal dit jou R1 000 per drupsessie kos.

Dr. Dawid Perold, ’n algemene praktisyn van Robertson, sê hy sal nie “sommer enigiets in sy pasiënte se are spuit nie”.

“Veral nie sonder mediese navorsing wat dit ondersteun nie.”

Maar Karlien glo dié behandeling maak ’n groot verskil in haar lewe en sy sal nie “sonder die druppe gaan nie”.

Lees nou

Só het Blake Lively haar bikini-lyf terug gekry!

5 goedvoel-stories

  • @dieticianSA

    Dit lyk alteveel na goedkoop ADVERTENSIE & nog n geldmaak-foefie. Wie betaal vir wie?
    Dit is ONNATUURLIK en verseker nie die manier wat n mens veronderstel is om vitamiene (VOEDINstowwe) in te kry nie – dit is veronderstel om deur die spysverteringskanaal opgeneem te word, nie direk in die bloedstroom nie.
    Langtermyn gevolge? Wat as dit in die toekoms nare newe-effekte het?
    Ek wonder WIE betaal vir wie vir hierdie bemarking..
    Dikwels veroorsaak middels wat deur die vel of bloedstroom opgeneem word deur n ONNATUURLIKE proses latere gesondheidsprobleme.. bv allergiee. Kos en voedingstowwe word gesif deur die spysverteringskanaal, en hoort nie direk in die bloedstroom nie, behalwe in gevalle van n erge tekort.

    • L BS

      Ek dink dis eerder ‘n kwessie dat dame van Jaarsveld ‘n paar sessies nou gratis ontvang.

      • Linda SA

        L BS… jy klink nou SO soetsappig

        • L BS

          Ek het diè een van die internet iewers gedownload en ge”save”. So, jy download dit van jou foto’s af, of waar jy die foto het. By die “Avatar”. (Op jou Disqus profiel) Verstaan jy? Jy kan dit enige tyd verander.
          Terloops, my naam is Elbie ☺☺☺Maar dis ONS geheim. He he, mens kan nogal lekker “skinder” en geheime hier uitlap oor die ander lot en oor onsself sonder dat hulle sien!

          • Linda SA

            Okay waar is die ‘avatar”? Dan gaan ek gou probeer.

          • L BS

            Linda, jy moet op Disqus op jou Profile die Avatar gaan verander, waar jy foto insit. Dan sal dit op Netwerk24 ook so wees.

          • Linda SA

            Hahahahaaaaaaa jy is n vriendin so na my hart

          • Linda SA

            Ek HET myne op my discus profiel maar ek wil dit ook op my netwerk24 he. Hoe gemaak?

  • Linda SA

    Nee kyk!!! Daar moet ek wegbly anders gaan my mense beslis nie met my kan huishou nie hehehe. My energievlak is meer as normaal dankie!!!

    • L BS

      Myne ook ou Lindatjie, al is ek reeds ‘n afgetredene ☺
      Ek hou van jou profielfoto! Amper nes ek jou voorgestel het!

      • Linda SA

        Dankie vriendin, ek self is al in my 50s. Die foto is so 2 maande gelede geneem hehehe. Ek wonder wat die ander gaan se as hulle my sien. Hahahahaha. Seker gedink ek is nog forever 21 hehehehe

        • L BS

          Be the Diva you are en sit dit op jou ander profiel ☺♥
          Dalk moet ons altwee dit doen – net vir een dag, Ha ha
          Net om die spul iets te gee om oor te praat.

          • Linda SA

            Yesssssssssss maar ek weet nie HOE nie vriendin

          • Linda SA

            Jy sal laat hulle elkeen n hartaanval kry hehehe maar ek gaan dit doen as ek weet hoe.