dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: My kind nuuskierig oor seks

 

Hy is nog my klein seuntjie! Hy het my verlede jaar vertel van sy maats het foto’s van vroue met kaal bolywe op hul selfone. Hy het nie daarvan gehou nie. Ek het hom vertel dis grootmensdinge en dat Liewe Jesus se kinders nie so rondloop nie. Dit was dit. Toe sien ek vanmiddag deur ‘n venster hoe hy ‘n speelding teen sy privaatdele vasdruk – sy broek was afgetrek. Daar was ‘n maatjie by hom. Ek het gevra wat hy doen. My man het sonder ‘n pa grootgeword en dis vir hom moeilik om met ons kind daaroor te praat. Dis ook nie vir my maklik nie, want ek gaan kwaad word en hom straf. Ek besef dis verkeerd. Ek was self op ‘n jong ouderdom nuuskierig, maar dit was net ‘n fase.

 

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Dankie dat jy dapper genoeg was om vir my te skryf. Net daarmee tree jy al klaar sorgsaam en verantwoordelik teenoor jou seun op. Jy maak dus reeds ‘n verskil in die manier hoe jy die ontstellende situasie hanteer. Ons kinders se seksualiteit word deesdae ongelukkig deur die tegnologie beheer en manipuleer. Tegnologie is die nuwe opvoerder. Ook omdat ouers, soos jy, nie toegerus voel om kinders oor verantwoordelike seks in te lig nie. Jou storie is hartroerend: Jy beskryf die tweekantige wêreld waarin ons kinders leef. Aan die een kant is daar die noodsaaklike kinderlike nuuskierigheid om sy liggaam met ‘n speelding te ontdek. (Hy is ‘n kind en speel steeds met speelgoed). Aan die ander kant is daar die volwasse wêreld van pornografie op sy tegnologiese toestel/speelding: sy selfoon. Wat moet ‘n kind doen? Baie verward raak, skat ek. Hy word gestimuleer deur die speelding en selfoon wat sy ouers hom gegee het. Maar hy weet nie wat die beste manier is om die seksuele prikkeling in sy kop en lyf te bestuur nie. En dan moet hy Ma en Pa se woede en straf verduur – waaroor presies?

Jy weet jou behoefte om hom te straf/seer te maak, is omdat jy seergemaak voel. Jy weet ook nie hoe om dit te hanteer wat vir jou ‘n moeilike saak is nie: Seksualiteit, en spesifiek seksualiteit by kinders. En jy is reg, om kwaad te word en hom te straf is nie die regte ding nie. Ek stel voor jy koop my boek, “Dr Eve se Seksboek – ‘n gids vir jongmense” (Human & Rousseau, 2008). Jy en jou man moet dit lees om ‘n idee te kry hoe om jou kind se seksualiteit te hanteer. Eerstens om inligting te kry en dan deur die vaardighede van gesonde ouerskap toe te pas. Ek belowe jou jou seun gaan jou negatiewe respons onthou lank na die laaste sexy foto van sy selfoon af verdwyn het. Sorg dus dat jou reaksie op sy seksualiteit liefdevol, ingelig en bedaard is.

Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.

  • http://ixjgwzmvdvzg.com/ dvphphq

    rZzN2x qiiabdivjanx, [url=http://gtygplvnfqnu.com/]gtygplvnfqnu[/url], [link=http://arphquzvzirj.com/]arphquzvzirj[/link], http://kgpbbxerimjy.com/

  • mhsgbclfa

    chUfQt runtsbuldwto, [url=http://qmdqxnxbnhkz.com/]qmdqxnxbnhkz[/url], [link=http://esmrpgqncmxs.com/]esmrpgqncmxs[/link], http://xgrudufripkq.com/