Dr Eve-dilemma: Ek is nie meer seksueel aangetrokke tot my man

SARIE - April 2010

Probleem:  Ek voel nie seksueel aangetrokke tot my man nie. Dit maak my rasend en dryf ons uitmekaar. Is dit normaal? Wat kan ek doen om dit te laat werk? Ons sekslewe ly daaronder.

 


 

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Dis algemeen dat mens met tye méér verlief op jou maat gaan wees -- en ander tye glad nie. Net so gaan jy soms fisiek minder aangetrokke tot hom/haar voel. Hopelik  is jy meestal verlief en aangetrokke, anders sou die lewe onuithoudbaar gewees het. Is daar ‘n spesifieke rede hoekom hy jou nie meer fisiek opgewonde maak nie? Het hy baie gewig aangesit, is hy vervelig, is jy kwaad vir hom? Miskien is daar iemand anders wat jou boei; dalk het jy jou man ``ontgroei'' en wil jy sonder hom met die lewe aangaan. As dit iets is wat reggestel kan word, werk daaraan. Jy moet egter ook besef daar is nie een of ander magiese middel wat jou weer aangetrokke tot hom gaan laat voel nie. Veral as jou begeerte nooit juis hoog gebrand het nie. Gaan eers vir individuele terapie -- en kry daarna saam as ‘n paartjie professionele hulp.

Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.

 

 

Kommentaar