Dr Eve-dilemma: Bang vir sy penis
Probleem: Ek is 24 en my vriend 47. Ons het op die Internet ontmoet en is gelukkig saam. Hy waardeer en respekteer my.
Ons het nog nie liefde gemaak nie en ek is bang vir sy penis. Hy sê dit sal nie seermaak nie, dat hy sag te werk sal gaan. Ek het wenke nodig hoe om hom te bevredig.
Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:
Hoekom is jy bang vir sy penis, is dit die grootte? Of dalk dink jy omdat hy ouer is moet hy 'n grote hê? Miskien is jy 'n maagd en onseker oor penetrasie in die algemeen? As 'n paartjie die eerste keer seks het, kan dit jul albei angstig sowel as opgewonde maak. Vroue is dikwels geneig om al hul spiere, insluitende die bekkenvloer- en vaginale spiere, saam te trek. Dit kan penetrasie meer ongemaklik maak. Mans kan weer hul ereksie verloor of te gou ejakuleer. Die eerste keer kan dus 'n uitdaging wees. As jy bang is vir sy penis omdat dit te groot is, sorg dat daar 'n watergebaseerde smeermiddel byderhand is wat jy rondom jou vaginale opening en sy kondoom kan sit. Dit maak penetrasie makliker en dus meer aangenaam vir jou. Jy vra wenke om jou geliefde te bevredig. Jy hou dus regtig van hom en wil hom beïndruk. Die beste ''wenk'' wat ek jou kan gee is om gemaklik met jouself te wees. Jy sê jy vertrou hom en hy laat jou veilig voel. Dis goed, aangesien dit jou sal help om te ontspan en jouself te geniet. As jy nog wenke soek, skaf opvoedkundige DVD's aan. Dis sexy en leer jou baie. (Beskikbaar op my webblad).
Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za










Kommentaar
LALLA het gesê:
HOEKOM IS JY BANG HY SAL JOU NIE BYT NIE LEKA LAG EK NOU!
2de Nov. 2011, 04:10Geertruida de Lange het gesê:
Ag siestog , sy klink soos 'n Victoriaanse Virgin.
25ste Aug. 2011, 14:02Simone het gesê:
As jy rêrig glo hy is die een,just go with the flow...gee jou oor aan jou gevoelens wanneer die situasie (spontaan)aanbreek.
1ste Apr. 2011, 13:20Hyla het gesê:
Ai nou lekker gelag!! ....
12de Mar. 2011, 21:16