Intiem

Dr Eve-dilemma: Bang vir sy penis

Ons het nog nie liefde gemaak nie en ek is bang vir sy penis. Hy sê dit sal nie seermaak nie, dat hy sag te werk sal gaan. Ek het wenke nodig hoe om hom te bevredig.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Hoekom is jy bang vir sy penis, is dit die grootte? Of dalk dink jy omdat hy ouer is moet hy ‘n grote hê? Miskien is jy ‘n maagd en onseker oor penetrasie in die algemeen? As ‘n paartjie die eerste keer seks het, kan dit jul albei angstig sowel as opgewonde maak. Vroue is dikwels geneig om al hul spiere, insluitende die bekkenvloer- en vaginale spiere, saam te trek. Dit kan penetrasie meer ongemaklik maak. Mans kan weer hul ereksie verloor of te gou ejakuleer. Die eerste keer kan dus ‘n uitdaging wees. As jy bang is vir sy penis omdat dit te groot is, sorg dat daar ‘n watergebaseerde smeermiddel byderhand is wat jy rondom jou vaginale opening en sy kondoom kan sit. Dit maak penetrasie makliker en dus meer aangenaam vir jou. Jy vra wenke om jou geliefde te bevredig. Jy hou dus regtig van hom en wil hom beïndruk. Die beste ”wenk” wat ek jou kan gee is om gemaklik met jouself te wees. Jy sê jy vertrou hom en hy laat jou veilig voel. Dis goed, aangesien dit jou sal help om te ontspan en jouself te geniet. As jy nog wenke soek, skaf opvoedkundige DVD’s aan. Dis sexy en leer jou baie. (Beskikbaar op my webblad).

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • Hyla

    Ai nou lekker gelag!! ….

  • Simone

    As jy rêrig glo hy is die een,just go with the flow…gee jou oor aan jou gevoelens wanneer die situasie (spontaan)aanbreek.

  • Geertruida de Lange

    Ag siestog , sy klink soos ‘n Victoriaanse Virgin.

  • LALLA

    HOEKOM IS JY BANG HY SAL JOU NIE BYT NIE LEKA LAG EK NOU!

  • Werner

    Suig hom my ding……..suig. Daars by plesier daar binne

  • Werner

    O ja voor ek vergeet, aas jy bang is vir hom kom maak ma n draai hier vir jou plisier

  • Sarah

    Tot jy agterkom hy gebruik jou maar eintlik net vir seks….