Intiem

Dr. Eve-dilemma: Ek is betrokke by ‘n ouer man

Maar my ouma sê ouer mans gebruik jonger vroue net. ‘n Paar van sy vriende weet van ons, maar ek het niemand vertel nie. My ma moenie uitvind nie. Ek is bang, deurmekaar en weet nie wat om te doen nie. Wat moet ek doen om seker te maak hy gebruik my nie net nie?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek wonder hoekom jy jul verhouding wegsteek. Gewoonlik saai verliefdes hul nuwe liefde aan almal uit. Is ‘n deel van jou ongemaklik daarmee? Hoekom hou jy dit geheim vir belangrike mense soos jou ma en vriende? Hoekom voel jy ”bang en deurmekaar”? Ek veroordeel nie die ouderdomsverskil nie. Dit gaan egter uitdagings inhou, soos by wie julle kuier, wat doen julle vir pret saam en het julle dieselfde doelwitte. Ek hoop jy gebruik kontrasepsie en julle weet albei wat jul MIV-status is. Ook dat jy is nie geldelik van hom afhanklik nie. Ek wens jy het ‘n verhouding met jou ma, selfs jou ouma gehad: ‘n Ouer mens wat kan hoor hoe deurmekaar en bekommerd jy is. Ek hoop ma’s wat dié lees nooi hul dogters om oor hul liefdesverhoudinge te gesels. Dit kan baie hartseer voorkom. Gaan asb. vir terapie, aangesien jy nou ondersteuning nodig het.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • 98Pu0P qfxgeppcekpo, [url=http://awflfsskggmt.com/]awflfsskggmt[/url], [link=http://ofyymnhotqdl.com/]ofyymnhotqdl[/link], http://pybmticokrpq.com/

  • Graatjie Hills

    Die "wegsteek" van hul verhouding is klaar ‘n gevaar teken! Ek is getroud met my man toe ek 18 en hy 42jaar oud was. Vandag is ons 28jaar getroud en het ‘n dogter 24jaar oud. Dis harde werk, maar moontlik. Ek dink net ek wou ander bewys dat ons huwelik met sy groot ouderdomsverskil KAN werk… en dit hou. Maar bygesé: enige huwelik, dink ek in elk geval, veral in vandag se tyd, is harde werk. Kommunikasie is baie belangrik en natuurlik, gee maar vir mekaar daai bietjie spasie…. doen wondere.
    My man word 72 en ek is 46 nou. Hoe ouer hy word, hoe moeiliker raak dit, ons het ons sakke sout al saam opgeeet, maar ek sal hom enige dag weer kies om mee te trou! Nog altyd baie lief vir hom.