Dr. Eve-dilemma: Ek is nooit lus vir seks nie
Vraag: "Ek is ‘n 35 jarige ma met twee kinders onder ses en ‘n uitdagende beroep. My man is óf by die werk, óf speel tot laataand TV-speletjies.
Dis ‘n verligting want ek is nooit lus vir seks nie. Voor die kinders se koms was dit lekker maar ek het nooit ‘n orgasme gehad nie. Ek is bang ek verloor hom."
Dr. Eve, bekende seksterapeut van Kaapstad, antwoord:
``Jou probleem is algemeen by vroue van jou ouderdomsgroep: Sowat 43% het nie lus vir seks nie en 31% het nog nooit ‘n orgasme gehad nie. Hoekom gebeur dit só dikwels as jy klein kinders het? Navorsing wys jy is moeg, jou man help dalk nie genoeg met die huistake nie en veranderinge aan jou liggaam ná geboorte laat jou minder begeerlik voel. Doen dinge wat jou daaraan herinner dat jy ‘n vrou is. Wees selfsugtig: doen inkopies, gaan vir ‘n massering, dans, wat jy ook al vol lewe laat voel. Gebruik ‘n spieël en ontdek tot dusver onbekende dele van jou liggaam. Aan die begin gaan jy dalk skaam voel, maar dit sal makliker word. Neem jouself onder hande – letterlik. Dis moeilik om ‘n orgasme te kry en jy moet weer en weer probeer – op jou eie. Tot jy deur die klankgrens bars. Glo my, hy sal dan gereeld die vullis uitsit. Nooi hom daarna in jou boudoir.“
*Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za
Verwante artikels
-
Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.
-
Dilemma: Verlief op vriendin se eks
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
"My beste vriendin het baie swaargekry toe sy en haar man geskei is en sy is nóú eers oor hom, sê sy. Ek en hy het mekaar toevallig raakgeloop en begin gesels en daar is regtig die moontlikheid van iets besonders tussen ons."
-
Dr Eve-dilemma: Ek durf nie aan my man raak
SARIE Maart 2010
Probleem: Ek is 27 en getroud. My probleem: Sedert ons getroud is, wil my man nie hê ek moet aan hom raak nie. Hy raak ook nie aan my nie. Hy masturbeer terwyl hy langs my lê...
-
Dr. Eve-dilemma: "My vriend stel weke lank nie in seks belang nie."
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Probleem: My vriend stel weke lank nie in seks belang nie. Dink jy hy het 'n affair?












Kommentaar