dr_eve
Intiem

Dr Eve-dilemma: Gesoek. Die groot O

 

Alles gaan goed en net as ek dink gaan enige oomblik gebeur, verdwyn die gevoel. Doen ek iets verkeerd?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Baie vroue sukkel om ‘n orgasme te kry. Moenie voel jy doen iets verkeerd nie. Dis interessant dat meer vroue ‘n orgasme kan kry as hulle alleen is, as saam met ‘n maat. Dis wanneer baie vroue in ‘n niemandsland beland en nie net oor daardie laaste bultjie kan kom nie, soos jy beskryf. Die beste manier om te leer om ‘n orgasme te kry, is met masturbasie. Dit raak dan makliker om jou liggaam se behoeftes te leer ken. Die uitdagendste deel van ‘n orgasme as jy nie alleen is nie, is om jou behoeftes aan jou maat oor te dra. Dis vir sommige vroue makliker as hulle nie emosioneel by die ander persoon betrokke is nie. Dis vir jou meer netelig as jy ‘n verhouding met hom het. Daarom maak baie vroue eerder of hulle ‘n orgasme het. En dit bedreig die kern van die verhouding. Ek glo as ‘n vrou nie vra dat haar orgasmiese behoeftes bevredig word nie, is dit ‘n aanduiding dat sy óf nie haarself ken nie. Óf sy voel nie veilig genoeg in die verhouding nie. Vraag is, wat soek jy in so ‘n verhouding? Die eise wat jy stel is uniek aan jou eie seksuele behoeftes en liggaam. Uit ‘n fisiologiese oogpunt het ‘n vrou, nes ‘n man, ‘n volgehoue, ritmiese aanraking op jou vulva/omgewing van jou klitoris nodig. As die persoon eers dié ritme het, moet jy vir hom/haar aandui dat hy/sy op presies dieselfde manier moet voortgaan, om nie die beweging of mond of hand op die vulva/klitoris te verander nie. En jy moet dan fokus op die sensasie en die sensasie alleen, so lank as wat dit vir jou nodig is. Baie voorspel sal jou help om vinniger opgewerk en orgasmies te raak. Klim uit jou kop en in jou lyf!

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • stguqrqw

    Jd4wGQ tdnztnfgkgan, [url=http://cybfjixyxoyg.com/]cybfjixyxoyg[/url], [link=http://pwwylukdstbv.com/]pwwylukdstbv[/link], http://hoeroejjofut.com/

  • jrfnqqsqjy

    19qtsR kelyfvajvpmu, [url=http://zwakjnnnqpzn.com/]zwakjnnnqpzn[/url], [link=http://ioltkkdlmyon.com/]ioltkkdlmyon[/link], http://gysuxrfytfiq.com/

  • Bea Jordaan

    ja, die ritme is uiters belangrik. my ouma-grootjie het volgens vertellinge, die volmaakte ritme bemeester. Sy het ure lank tyd aan oefening spandeer, alleen in die kamer. En toe die oorlog aanbreek, was sy ‘n meester op haar gebied. dit was dan ook die rede dat hul plaashuis nooit afgebrand is nie, want die kakies is eers almal op ‘n ry slaapkamer toe. en as hulle daar uitkom, was hulle so sag soos
    lammetjies. Oumagrootjie was later ‘n legende in die omgewing, al die rooinekke het met lof van haar gepraat. die kakie generals het nooit haar plaas verbygery nie! volgens vertellinge het dit daagliks gelyk soos begrafnistyd op Zeerust, soos die perde staan en wag het aan hul halters op die plaaswerf.
    en in die slaapkamer het dit gesug, gesteun, en op Ouma se ritme gegallop.

    Na die oorlog moes Oupagrootjie, toe hy terugkom van Ceylon, vir hulle ‘n ander dubbelbed bou.