Dr. Eve-dilemma: "My vriend stel weke lank nie in seks belang nie."
Probleem: My vriend stel weke lank nie in seks belang nie. Dink jy hy het 'n affair?
Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:
Ons vroue is só ingewikkeld! Dis polities korrek om te kla as 'n maat seksueel veeleisend is. Maar die oomblik dat hy minder daarin belangstel, voel ons bang en verwerp.
Ek hou daarvan dat jy kla en meer seksuele aandag wil hê. En ja, jy kan maar sê jy is ongelukkig dat hy jou seksueel afskeep. 'n Affair? Ek glo vroue moet hul instink vertrou: Ondersoek dit dus. Moet hom egter nie beskuldig of in 'n neulende polisievrou ontaard nie. Jy gaan meer bereik as jy reguit met hom gesels. Vertel hom jy geniet seks, jy mis dit en is bang hy loop rond.
Besoek Dr. Eve se webblad.
Verwante artikels
-
Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.
-
Dr. Eve oor affairs
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Dr. Eve-dilemma: Ek is nooit lus vir seks nie
SARIE - September 2009
Vraag: "Ek is ‘n 35 jarige ma met twee kinders onder ses en ‘n uitdagende beroep. My man is óf by die werk, óf speel tot laataand TV-speletjies.
-
Dr. Eve-dilemma: Ek kan nie 'n orgasme kry
SARIE - November 2009
Vraag: Ek is 38 jaar oud en geniet dit om met my man liefde maak. Die afgelope sewe maande sukkel ek egter om "nat" te word...
-
Dr. Eve-dilemma: My man kan my nie penetreer
Jy wou nog altyd daai vraag oor seks vra, maar het nie die moed gehad nie. Van vandeesmaand af beantwoord Dr Eve, bekende seksterapeut van Kaapstad, elke maand 1 vraag oor seks op sarie.com.
-
Is jy in voeling met jou seksualiteit?
SARIE - Oktober 2010
-
Niemand hou van haar nuwe kêrel nie!
SARIE - Desember 2009
'n Baie goeie vriendin gaan uit met 'n man wat niemand in ons vriendekring kan verdra nie.
-
The Great South African Sex Survey gee die feite
SARIE - Februarie 2010
Health24 het weer die resulte van hul jaarlikse Great South African Sex Survey bekendgemaak. Meer as 10 000 mense ouer as 20 wat meer as R2 500 per maand verdien met die minimum-kwalifikasie van matriek het deelgeneem. Dit verteenwoordig sowat 1.3 miljoen Suid-Afrikaners.












Kommentaar
Geraldine van PE het gesê:
Hoe gemaak as jou man totaal verslaaf geraak het aan die rekenaar. Jy kleur jou hare, kry mooi nagklere, bad en word omring deur parfuum maar manlief bly voor die rekenaar- Jy gaan slaap alleen, Staan alleen op Eet ontbyt alleen .......... Al wat vir hom van belang is is die rekenaar speletjies..... Ek moet hom maar op die bus sit terug na JOBURG ALLEEN........
11de Apr. 2010, 21:28audrey het gesê:
dreve hoe gemaak as jou man vir jou se hy is nie regtig mal oor seks nie en wanneer jy met hom intiem wil wees dan kla hy oor sy fisiese pyne. ek het al gedink dat hy dalk 'n affair het maar hy se hy stel nie in ander vroue belang nie.
26ste Jan. 2010, 08:23Erika het gesê:
My man stel ook glad nie in seks belang nie, hy het 3 jaar laas seks met my gehad. Ek weet vir 'n feit dat hy betaal vir seks.
11de Jan. 2010, 12:56