dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: Lewensmaat het nie behoefte aan seks

 

Ek is seksueel gesond en geniet dit ten volle. My 36 jarige lewensmaat het egter geen behoefte aan seks nie. Sy het op 21 jaar ‘n histerektomie gehad en het net een eierstok. Weens ‘n bloedstollingsprobleem het haar ginekoloog aanbeveel dat sy geen hormoonaanvullings gebruik nie. Dit sal die stolling aanhelp. Ons is dus te bang dat sy enige medikasie gebruik om haar libido ‘n hupstoot te gee.

 

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Kom ons probeer kreatief wees. Een eierstok produseer nog hormone, meestal estrogeen. Haar vermoë om klam te word, seksueel geprikkel te raak en lus vir seks te wees, word dus halveer. ‘n Gebrek aan testosteroon kan haar begeerte verder blus. En testosteroon, die hormoon van orgasme en begeerte, kom ook in die gedrang weens die vermindering van estrogeen en progesteroon.

Haar dokter was reg om aan te beveel dat sy nie hormoonvervangingsterapie gebruik nie. Weens haar probleem met bloedstolling, kan dit tot bloedklonte lei. Haar verskillende simptome kan egter behandel word, natuurlik in samewerking met haar ginekoloog.

Ek kan voorstelle maak maar net haar ginekoloog kan sê of dit reg vir haar is. Sy kan ‘n lokale vaginale estrogeen-vervanging gebruik om te voorkom dat haar vagina met penetrasie droog en seer is. As haar ginekoloog dit egter nie goedkeur nie, kan sy ‘n bevogtiger sowel as ‘n water-gebaseerde smeermiddel vir spel met die vagina en klitoris gebruik. Wat haar gebrek aan begeerte betref: Studies toon dis veilig en doeltreffend as vroue soos sy net testosteroon-aanvullings gebruik. (Sonder die bedreiging van estrogeen).

Sy moet egter eers haar ginekoloog besoek voor sy enige een van die aanbevelings probeer. En dan kan julle natuurlik sekspeelgoed gebruik. Sy is dalk nie in die bui daarvoor nie, maar ‘n sterk vibrator sal haar minstens ‘n orgasme gee. En dalk is sy dan lus vir meer seks. Besoek my webblad vir genoemde produkte.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.