dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: My man is lewensmoeg

Hy sukkel om ‘n ereksie te kry. Daar is ‘n kans dat hy ‘n pakket by die werk kan kry en die onsekerheid vreet hom op. Wat kan ek vir hom gee vir meer energie en sodat hy vinniger ‘n ereksie te kry? Hy is ook insulienweerstandig, ek weet nie of dit ook ‘n faktor kan wees nie. Diabetes kom aan albei kante van sy familie voor.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Dit klink of hy by ‘n goeie mediese spesialis moet uitkom. Hy het simptome wat daarop dui dat iets liggaamlik en emosioneel skort. Stres en angs kan erektiele disfunksie by so ‘n jong man veroorsaak. Sy vrees dat hy sy werk kan verloor is genoeg om enige gesonde man se seksdrang/ereksie weg te neem. Maar ereksie-probleme kan ook ‘n aanduiding wees dat iets met sy gesondheid skort. Dis gewoonlik kardiovaskulêr, wat hoë bloeddruk, hoë cholesterol en hoë bloedsuiker kan insluit. Sy ereksie-probleme kan ook ‘n teken van depressie wees. Jy kan dalk sy lewe red as jy daarop aandring dat hy ‘n spesialis besoek.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.

  • bvgpkvyglxf

    PqqZJB gbzjxflxqsem, [url=http://xpconwwlihkn.com/]xpconwwlihkn[/url], [link=http://txupfulpzukl.com/]txupfulpzukl[/link], http://nhdaalolljkw.com/