dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: My man verslaaf aan sy rekenaar

Ek gaan slaap alleen, staan alleen op, eet ontbyt alleen. Al waarin hy belangstel is rekenaarspeletjies. Ek voel lus om hom is sy peetjie te stuur… alleen.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Moenie eens probeer om met die tegnologie mee te ding nie. Jy gaan elke keer verloor. Die uitdaging is dat dit nie jou eiewaarde moet aantas nie. Verbeel jou jy is ‘n man, omring met tegnologie, amper gratis, dag en nag. Mans is gek oor nuwe visuele beelde, hulle soek die voortdurende opwinding om na iets nuuts te staar. Dit praat boonop nie terug nie, neul nie, het nie behoeftes nie en gee hom algehele vryheid. Jy sou ook voor die rekenaar wou leef. Natuurlik oordryf alle mans dit nie en skeep nie hul geliefdes af nie. Ek wonder hoe lank gaan jy dit nog verduur. Wat jou gaan noop om hom voor ‘n ultimatum te stel. Dat hy terapie moet kry, of behandeling as jy dink hy is obsessief kompulsief. Of dat julle saam vir berading gaan as jy nie meer vir hom aantreklik is nie. Dis soms makliker om met ‘n onuithoudbare situasie  saam te leef as om die feite in die gesig te staar. En moontlike verandering voel dalk vir jou te traumaties. Jy wil hom nie regtig in sy peetjie te stuur nie, net dat hy aandag aan jou pyn gee. Probeer die ultimatum en sy reaksie sal ‘n teken wees of daar enige hoop vir jul verhouding is.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • http://mkgteilbxfmh.com/ dbxjhyg

    99C1pd veyzzzcdqofh, [url=http://hqbjewytrfws.com/]hqbjewytrfws[/url], [link=http://cwqqddzpltxs.com/]cwqqddzpltxs[/link], http://qnkgpcxlznpy.com/