Dr Eve-dilemma: My man sku vir vat

SARIE - Maart 2011

Probleem: My man hou nie daarvan dat ek aan hom vat nie. As ons gaan stap en ek wil sy hand vat, of ek hom 'n drukkie wil gee nie.

 

As ons liefde maak (wat min is), moet ek self sy penis in my sit, hy wil dit nie eens doen nie. Ek het al daaroor gepraat maar dis asof hy my ignoreer.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Daar kan baie redes daarvoor wees. Dalk is dit weens seksuele molestering as kind, of hy is streng en/of godsdienstig grootgemaak. Dalk voel hy bloot nie aangetrokke tot jou nie, hy kan selfs van mans hou. 'n Terapeut sal al die dinge moet ondersoek. Maar hy gaan nie maklik vir terapie gaan nie. Jyself het professionele hulp nodig sodat jy nie al die verantwoordelikheid op jou skouers neem nie. Verhoudingsprobleme kan natuurlik ook 'n bydraende faktor wees. Maar daar is selde net een rede waarom mense op 'n sekere manier optree. Moenie te lank wag nie, jy gaan net al hoe slegter oor jouself voel.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

Kommentaar

Web Development by FormFunction