Intiem

Dr Eve-dilemma: My man stel nie in seks belang

My man stel nie in seks belang nie en ek voel verwaarloos. Hy dommel dikwels voor die TV in – en slaap dan sommer daar. As ek met hom daaroor praat, het hy allerhande verskonings. Ons maak sowat elke drie weke liefde – gewoonlik ejakuleer hy vinnig. Die laaste paar keer het hy egter baie lank geneem om te ejakuleer. Wat kan ek doen om hom weer in my te laat belangstel?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Jou gewig laat jou onaantreklik en selfbewus voel. En boonop het jou man sy belangstelling in die liefdespel verloor. Dis ‘n resep om enige vrou aaklig en ongelukkig te laat voel. Depressie dryf sy seksuele begeerte weg. Antidepressante, goed en nodig vir sy toestand, vererger die probleem. Jy is verward en wantrouig oor sy ejakulasie-patroon. Dit lyk of daar te veel verswygde stories in jul verhouding is. Besoek ‘n terapeut waar julle in ‘n neutrale omgewing kan sit en praat. Al jul probleme moet aandag kry: jou gewig, kinders, man se depressie, jul seksuele probleme. As jy dinge opkrop, gaan dit later soos ‘n vulkaan uitbars.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.