dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: Ek durf nie aan my man raak


Dan klim hy bo-op my en alles is binne 3 minute verby. Hy soen my nie en gee nie om of ek ‘n orgasme kry nie. Ek verstaan sy penis is klein, maar dit pla my nie. Voorheen het ons allerhande posisies probeer. Ek is jonk, ek verdien dit nie. Hy is onlangs as ‘n diabeet gediagnoseer en dis nou nog erger. Wat moet ek doen om my huwelik te red? Hy was altyd so romanties maar dis iets van die verlede.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Ek is seker jou man het ereksieprobleme gehad lank voor hy met diabetes gediagnoseer is. Een van die tekens daarvan is erektiele disfunksie. Mans hou dan dikwels op om seks met hul maats te hê. Wat jy as ‘n klein penis beskou, is eintlik jou man wat nie ‘n volle ereksie kan kry nie. Ek is seker hy is nes alle ander mans. Hulle voel erg verneder as hulle nie goeie, sterk ereksies het  nie. Hulle vermy dus seks. Ek hou nooit daarvan as iemand ná die huwelik verander nie. Hoe goed het jy hom voor dit geken? Daar gaan iets aan waarvan jy meer moet uitvind. Dis jou reg, want jy voel waarskynlik mislei. Jy het jou tot ‘n sekere soort man verbind — en nou leef jy saam met iemand wat jou seermaak. Ek stel voor jy nooi hom om saam met jou vir terapie te gaan. Só kan jy agter die kap van die byl kom. Dit sal jou in staat stel om te besluit of jy met die huwelik wil aangaan, of nie.

*Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • http://sohvtcftiozy.com/ biiaujbubo

    IHkegH jkcywzqolbub, [url=http://glrioybbvlwn.com/]glrioybbvlwn[/url], [link=http://ulxkqpvcuflx.com/]ulxkqpvcuflx[/link], http://phvflzxtgjkd.com/