dr_eve
Intiem

Dr. Eve-dilemma: My man wil swing

 Hy het sy broer en skoonsuster betrek en na ‘n hewige argument het ek ingestem. Ek het egter daarna vuil en goedkoop gevoel en gesê dis die laaste keer. Toe vang ek hom en sy skoonsuster in die bed. Hy het belowe om te verander. (Nes die keer voor ons troue toe ek hom met  my tweelingsuster gevang het, foto’s van ‘n kaal vrou op sy selfoon gekry het. Daar was ook vreemde selfoon-boodskappe en oproepe deur die jare waarvan ek nie sin kon maak nie. Hy weier nou om intiem met my te wees en ek wil graag ‘n baba hê. Hy het seks al vantevore gebruik om my te manipuleer. Hy weier om vir berading te gaan.

 

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Jy man behandel jou sleg en ek kan nie sien dat dit gaan verander nie, dat hy sy selfsugtigheid, manipulasie en verraad gaan herken nie. Hy het die kernreëls van familievertroue en ordentlikheid geskend. Hy het ‘n geheime pornografiese lewe. En nou pers hy jou emosioneel af om seksueel aan sy behoeftes te voldoen – in ruil vir ‘n baba! Gaan soek asb. berading vir jouself, jy het ondersteuning nodig om dié emosioneel afbrekende situasie te hanteer.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • simone

    Ek het die volgende woorde by n vriendin gehoor: Die eerste keer is jy n slagoffer, enige ander keer is jy n volunteer. Use it, don’t use it, maar ek sê jy verdien baie, baie beter behandeling.

  • Elna

    Vat jou goedtjies en gee pad uit sy lewe, moenie eers dink dat jy hom die Pa van jou kinders wil maak nie. Sterkte,

  • Ina

    Jy wil tog sekerlik nie regtig vir die res van jou lewe deur kinders aan hom gebind wees, of nog erger – sò iemand as voorbeeld vir jou kinders hê nie. Kry berading en bou vir jou ‘n nuwe lewe rondom jou eie waardes. Sterkte!

  • Vicky

    Ek was 10jr getroud met so man. Ons het 3 kinders waarvoor hy vere voel en ek moet stoksiel alleen hulle groot maak met die totale minimum van sy kant af. Die hartseer deel is dat ek vir die res van my hele lewe met hom opgeskeep sit a.g.v die kinders wat ons deel. Moenie so dom wees en kinders hê by so tipe man nie. My eks was ‘n "master" manipuleerder en hom self uit situasies gelieg en ek het geglo wat hy my vertel. Kry jouself uit daardie huwelik voor dit te laat is.

  • André

    Lees & Luister na die baie goeie raad wat Cocky, Ina, Simone & Elna hier vir Jou gee! Sterkte – dis n alleen pad waarop jy moet stap… :'(

  • raynita

    Ek is so jammer om dit te hoor. Jy besef dat jy meer as dit werd is. Vir nou mag ‘n baba belangrik vir jou wees, maar dink versigtig: ‘n Baba/kind verdien nie om in sulke omstandighede gebore of groot gemaak te word nie. Die wereld is reeds so stukkend! Ek was self in soortgelyke omstandighede (met 15maande baba) betrokke. Jy hoef nie jouself so op te offer aan ‘n persoon wat geen resepek/liefde/eer aan jou betoon nie. Breek bande (as jy kan) en word weer heel. Dis ‘n lang proses; maar die moeite werd. Ek het myself ontdek – met vele ander talente waaroor ek beskik. Neem klasse, ontwikkel jouself as om oor die verlede te tob; maar maak seker dat jy heel van die verlede. Sterkte

  • Bea Jordaan

    Laat hom gaan swing! hy moet so hoog swing dat daai voel om sy nek vasknoop en hom verwurre. dis al wat mens met so ‘n man kan doen! Los hom baie vinnig en vergeet van hom!