Dr Eve-dilemma: My vrou is bang vir seks
Probleem: My vrou was ‘n maagd toe ons 2 ½ maande gelede getroud is. Ons is albei 31. Ons het voor ons troue rondgespeel maar ek het haar nooit gepenetreer nie. Sy het toe al ‘n lae seksdrang gehad. Noudat sy op die Pil is, het sy byna glad nie ‘n behoefte daaraan nie...
Selfs al gebruik ons ‘n smeermiddel, kla sy van ‘n skerp of brandpyn gedurende penetrasie. Haar oom het haar gemolesteer toe sy 6 was. Ek het dit uitgevind toe ek haar vir orale seks gevra en sy ‘n paniekaanval gehad het. As ek seks wil hê, rol sy om, laat ek my ding doen en dis dit. Dit al hoe moeiliker om haar ‘n orgasme te gee. Wat kan ek doen?
Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:
Jou vrou is een van baie vroue wat aan genitale pynversteuring ly -- en dit het ‘n invloed op hul seksualiteit. Die klem is op pyn en dit moet as ‘n ernstige saak gesien word wat nie vanself gaan verdwyn nie. Alles wat jy beskryf is tipies daarvan: kleintydse seksuele molestering, konserwatiewe opvoeding, min seksuele eksperimentering (en self-eksperimentering) voor die huwelik. En pyn, wat gewoonlik as ``skerp“ of ``branderig“ beskryf word.
Jy en jou vroue moet ‘n huweliks- en seksterapeut besoek wat sal bepaal watter behandeling nodig is. Dit bestaan hoofsaaklik uit seksopvoeding, werk aan jul verhouding en ‘n program sodat penetrasie vir jul albei gemaklik kan wees -- en julle dus ‘n genotvolle en bevredigende sekslewe kan hê.
Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.
Verwante artikels
-
The Great South African Sex Survey gee die feite
SARIE - Februarie 2010
Health24 het weer die resulte van hul jaarlikse Great South African Sex Survey bekendgemaak. Meer as 10 000 mense ouer as 20 wat meer as R2 500 per maand verdien met die minimum-kwalifikasie van matriek het deelgeneem. Dit verteenwoordig sowat 1.3 miljoen Suid-Afrikaners.












Kommentaar