dr_eve_2_
Intiem

Dr. Eve-dilemma: Ek kan nie ‘n orgasme kry

 My man is geduldig maar soms sukkel ons ‘n uur lank – en gooi dan tou op. Ek kry nie ‘n orgasme nie en is baie skaam daaroor. Is daar enigiets wat ek kan koop wat my daarmee sal help? My ginekoloog sê daar is fisiek niks met my verkeerd nie. Ek is desperaat en trane. Ek voel soos ‘n ronde nul en my man is al moedeloos.  

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek is altyd op my hoede as ‘n seksuele probleem skielik ontwikkel. Gaan eerstens vir ‘n volledige mediese ondersoek. Laat jouself toets vir leefstyl-siektes soos hoë bloeddruk, cholesterol, bloedsuiker en trae skildklier. As daar fisiek niks met jou skort nie, dink dan wat het sewe maande gelede in jou lewe gebeur. Dalk stres weens geld of werk, of familieprobleme. Het enigiets in jou en jou man se verhouding verander? ‘n Droë vagina en onvermoë om ‘n orgasme te kry, beteken jy word nie seksueel heeltemal geprikkel nie – dat jy dus nie genoeg gestimuleer word nie. Vroue het dikwels dié probleem omdat hulle nie hul liggame en seksuele behoeftes ken nie. Lees my boek, Pillowbook (Oshun 2007), vir inligting en ‘n program wat jy kan volg om meer selfvertroue in jou eie seksualiteit te kry.

Besoek haar webblad by www.dreve.co.za

  • Estelle

    Ek weet nie wat dit is met my nie maar ek sukkel ook om orgasme op my eie te laat gebeur saam met my man as ons liefde maak. Soms as hy kla is is ek nog lus en die lus is so erg dat ek myself moet help sodat ek net van die lus moet ontslae raak en my man kan nie lank styf bly nie ek het al gedink eks die probleem omdat lank terug het my man porn gekyk voor hy bekeer het en het gese hy hou van groot borste maar nou het dinge verander hy hou glo nie meer van groot borste nie want hy se ook dat groot borste lelik is en stink ook onder die borste ens. Maar dit bly nog altyd in my agter kop. Ons gebruik olie met seks want hoe natter ek is hoe lekkerder maar dan kom hy te gou en ek vat baie baie baie lank en raak nou moedeloos om so te sukkel Se my wat kan ek doen en ja ek stres baie. Volgens die dr omdat ek nie lekker asem kry nie kry ek angsaanvalle en ek het erg pyn agter in my blad en rug en as ek so sukkel met asem haling dan moet ek seks he want dit foel vir my asof dit beter word

    Ek sal dit waardeer as jy my eerder kan epos asb