Intiem

Dr Eve-dilemma: Skildklier en diabetes laat sekslus verdwyn

Sy is ‘n diabeet en spuit haarself met insulien in. Sy is ook op medikasie vir ‘n stadige skildklier. Wie kan help, ‘n seksuoloog of ginekoloog?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek sou aanbeveel dat sy die dokter/spesialis raadpleeg wat haar diabetes en skildklier behandel. Diabetes, ‘n stadige skildklier en die medikasie vir albei toestande het alles ‘n uitwerking op haar seksualiteit. Sy moenie haarself daarvoor verkwalik nie, maar dis ‘n probleem vir jul verhouding. Om lus te wees vir seks en dit lekker te vind, moet ‘n vrou se hormone in balans wees. Goeie bloedvloei en senuwees wat werk is ook nodig. En natuurlik ‘n goeie verhouding met haar maat. Haar chroniese siekte dwarsboom dit en sy kan nie die insulien los nie. Haar spesialis moet voorstelle maak hoe sy haar seksualiteit weer kan laat herleef. Julle moet bv. ‘n smeermiddel gebruik vir voorspel en penetrasie. Watergebaseerde smeermiddels soos my handelsmerk (Dr. Eve Lube of Systems Jo Agape (www.dreve.co.za), is uitstekend. Sy moet haar spesialis vra of sy ‘n lokale estrogeen vaginale vervangingsroom kan gebruik, wat beter vaginale smering sal beteken en dus die pyn sal verminder. Sy moet ook ‘n vibrator gebruik vir ekstra stimulasie aan haar geslagsdele. Dit kan haar dalk boonop help om in die luim vir seks te kom. Ek beveel die Layaspot aan vir klitorale stimulasie en die BSWISH BGOOD om haar lus vir seks te maak.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • cUpdv1 jwffowmcqjjj, [url=http://dljgwcghptzj.com/]dljgwcghptzj[/url], [link=http://xshabvvbhyqa.com/]xshabvvbhyqa[/link], http://lvisquodeuij.com/

  • geraldine

    Hi daar ek het ook geen begeerte aan gemeendskap nie,die pla my ook nie eers nie ek is 20 en het al n paar boyfriend gehaad en elke een teleergestel ek voel soms hartseer daaroor!!!ek was by die dokter hy se dis ook my skildklier en hy is ooraktief??my hormone is baie deermekaar en is ook baie hartseer sal dit verander na tyd of gaan dit aanhou so aangaan???