dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: My maat (55) het geen libido

Sy stel dus nie meer in seks belang nie. Ek wil jou boek oor veroudering en seksualiteit aanskaf. Sal dit ons help of is daar iets spesifiek wat ons moet doen, soos berading? Ek glo die probleem is dat sy glad nie aan seks dink nie en meer bekommerd oor huistake is. Sy is obsessief oor netheid en dat alles skoon moet wees. Sy haat olie en vermy om daarmee te kook. Wat nog te sê smeermiddels vir seks gebruik. Ek dink ook nie sy sal vir seksspeelgoed ”ja” sê nie. As sy jou boek gelees het, kan sy dalk anders besluit. Ons het 6 maande laas seks gehad en ek is baie gefrustreerd. Ek dink nie die probleem is fisiek nie – dis haar houding. Ek het geen simpatie nie en is gereed om ná 14 jaar die pad te vat.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Jy is kwaad en seergemaak en dit oorskadu enige gevoel van welwillendheid teenoor jou maat. Jy weerspreek jouself: Jy beskryf fisieke probleme soos ‘n droë en krimpende vagina. Maar dan sê jy weer jy glo nie die probleem is fisiek nie. Dit klink of jy soos ‘n slagoffer voel, asof sy doelbewus seks van jou weerhou. Dalk is dit só, ek betwis nie jou gevoelens nie. Jy is naar in jou beskrywing van haar obsessief-kompulsiewe skoonmaak-gewoontes. Ek is seker dié gedrag is nie nuut nie. Jou vlakke van verdraagsaamheid en geduld is maar nou net baie laag. Ek ken haar nie en kan my nie oor haar seksualiteit, fisiek en emosioneel, uitspreek nie. Ek grond dus my kommentaar op my ervaring in my praktyk asook navorsing oor veroudering. Ja, al dié inligting en aanbevelings is beskikbaar in my boek Ageing and Sexuality (Oshun 2009). Sy is waarskynlik, soos die gemiddelde vrou van 55, in haar menopouse (of daarna). Die fisiologiese veranderinge sal ‘n krimpende vagina insluit (as sy nie op hormoonvervangingsterapie is nie). Ander simptome is ‘n gebrekkige seksdrang, depressie, buierigheid, gewrigspyne, inkontinensie, verlies aan seksuele sensasie en ‘n vagina wat nie nat word nie (omdat sy seksueel moeilik geprikkel word). Penetrasie is daarom pynlik.

Navorsing wys bo en behalwe hormone, het die stand van ‘n vrou se verhouding die grootste impak op haar seksuele begeerte en funksionering met en ná die menopouse. Met ander woorde: sy is dalk net so ongelukkig met jou as jy met haar. Daarom vermy sy seksuele intimiteit met jou. Ja, lees eers my boek voor jy loop. Leer oor jou eie en haar seksualiteit soos wat julle ouer word. En gaan saam vir berading.

*Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.


  • http://qqehwaoebbqf.com/ amlqkotbjmh

    H1iIUp kvzmfkcgtbtf, [url=http://rxsuwvnpasth.com/]rxsuwvnpasth[/url], [link=http://xyzqbxjbpgop.com/]xyzqbxjbpgop[/link], http://nbxucgwedylv.com/