dr_eve_2_
Intiem

Dr Eve-dilemma: My vrou stel nie meer in seks belang

 Naweke ook. Ek werk naweke, sy nie. As ek by die huis kom, kook ek en help met die kinders. Maar sy is steeds moeg. Op haar versoek gebruik ons kondome. Ek masturbeer al twee jaar lank en is moeg vir die situasie. Sowat ‘n jaar gelede het sy ses maande lank met ‘n ander man geflirt, ek het haar uitgevang. Ek begin daaraan dink om vroue van die nag te besoek – my behoefte is só groot. Ons het op die meeste twee keer per maand seks. Ek is 33 en het meer as dit nodig. Waar kan ek dit kry?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek gebruik jou brief op ‘n vrouetydskrif se webblad — want dis belangrik dat vroue van mans óór mans leer. Ek het baie empatie met vroue wat werk, kinders grootmaak en ‘n huishouding bestuur. Ek weet hulle stel dikwels minder belang in seks: Omdat hulle moeg is en weens ‘n gebrek aan persoonlike ruimte en tyd. Sy kan oorweldig voel en seks is dus nie hoog op haar agenda nie. As daar boonop stres of seksuele druk in die verhouding is, gaan dit dinge net vererger. ‘n Rondlopery kan baie skadelik vir die verhouding wees. Ons wéét dit, maar vir vroue kan dit ‘n manier wees om te ontsnap, ‘n gek en gevaarlike ding om jouself weer te vind.

Jy voel op baie vlakke gekul. Jy vrou verwerp jou seksueel maar het tyd om met iemand anders te flirt. Dis baie pynlik. Jy probeer haar plesier deur ‘n goeie pa en man te wees. Tog voel jy daar is geen beloning nie. Kondome? Wel, moenie kwaad daaroor wees nie. Gebruik dit om jouself te beskerm, dis net die verantwoordelike ding om te doen. Nou wil jy rondloop. Ek wil jou sterk afraai om dit te doen. Dis nie net seksueel gevaarlik nie. Dit sal ook jou en jou huwelik vernietig. Dit sal nóú vir jou gejeuk help, maar nie jou oorspronklike probleem oplos nie: Om jou vrou meer in seks met jou te laat belangstel. Kry professionele hulp om verby dié dooie punt te kom.

 Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.