Intiem

Dr. Eve-dilemma: My man nie lus vir seks


Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek raai jy en/of jou man het seks tot na die huwelik uitgestel. Dit moet dus ‘n skok vir jou wees. Of miskien was daar tekens van sy lae libido of gebrek aan belangstelling in seks, maar jy het dit verskoon. Daar kan baie redes wees waarom ‘n man nie in seks belangstel nie. Dalk voel hy nie seksueel aangetrokke tot sy vrou nie, of hy gebruik die huwelik om weg te steek dat hy tot mans aangetrokke voel, of hy voel ontoereikend, skaam en onervare. Kry professionele hulp, verkieslik saam met hom. As hy weier, gaan alleen. Jy het ondersteuning nodig om nie jou selfrespek en vertroue is jouself as vrou te verloor nie.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • maak dit werd

    dr eve ,ek as `n man het ook nie `n oordrywe seksdrang nie,maak dit my gay of steek ek iets weg?NEE,dit beteken net dat ek my verloofde vir meer as `n verligting sien en liefde met haar maak wanneer dit wedersyts is en nie gevorseer word nie.Dit moet iets beteken anders kon ek maar net sowel n hond gewees het wat orals loop.Watse hulp gaan die dame alleen by `n sekstarapeut soos u kry,om `n vibrator te kry vir wane manlief nie lus is nie?voor lank het sy nie `n man nodig nie en slaap die vibrator langs haar.