Intiem

Dr. Eve-dillema: Vriendin bly by ouer, geskeide man


Hoewel hy nie wil trou nie, wil sy hom nie los nie. Sy sê hy kan dalk van besluit verander. Hy is 2 jaar gelede na 16 jaar geskei en het 2 kinders. Hulle deel alle uitgawes. Dink jy hy sal tog later met haar trou?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Menseverhoudinge is uniek en onvoorspelbaar. En mense verander op verrassende maniere. Ek hoor ‘n paar belangrike boodskappe in jou brief. Jou vriendin is op haar gelukkigste en is onwillig om hom te verlaat, al is daar nie sprake van ‘n huweliksaansoek nie. Só ‘n leefstyl druis dalk teen haar waardes in. Maar sy daag nietemin haar waardes uit deur by hom te bly – en is gelukkig. Dié geluk is die belangrikste deel van jou boodskap.

Trou is deesdae nie meer die enigste uitweg vir mense in ‘n verhouding nie. Daar is ander keuses, soos om saam te woon en uitgawes te deel. Die gebrek aan ‘n langtermyn verbintenis kan haar egter later begin pla. Sy sal dan met hom moet gesels en haar behoefte aan iets meer standvastig uitspreek. En dan sal sy keuses moet maak. Tot dan moet sy die kleinood van geluk koester.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za

  • Mandy

    Girla as ek nou vir jou `n tip kan gee. Klim uit terwyl jy nog die kans het en nog jonk is. Glo my die seerste wat jy kan kry is as hy op `n dag na jou toe kom en sê hy gaan terug na sy eksvrou toe oor sy die ma van sy kinders is. Na 3 en `n half jaar wat mens jouself afgesloof het vir `n man en kinders, is dit die dankie wat jy op die einde van die dag kry. En glo vir my daai seer bly by jou jou hele lewe lank. Jy verdien baie beter.