Dr Eve-dilemma: Seks is seer.

Deur Lydia van der Merwe

Probleem: Ek is 21 jaar oud. Ek weet ek behoort seks te geniet. Maar ek kan nie, dis te seer. Ek het al by talle dokters aangeklop, maar nog nooit enige raad gekry wat regtig help nie.

Ek het ook al verskillende posisies, smeermiddels en kondome probeer. Dit maak nie ’n verskil nie.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Seks behoort nie pynlik te wees nie – op enige ouderdom. As jy bloei of pyn het, moet jy hulp soek. Dis te verwagte dat dit seer gaan wees die eerste paar keer wat jy gepenetreer word. Maar nooit weer daarna nie. Daar is baie redes vir pynlike seks: Soms is dit selfs weens die voorbehoedmiddel wat jy drink. Een van die mees algemene redes is vaginismus. Dis wanneer die spiere rondom jou vagina met penetrasie in ’n spasma gaan. Dit gebeur gewoonlik as jy verwag dit gaan pynlik wees. Niks kan in jou stywe vagina kom nie: nie ’n vinger, tampon of seksspeelding nie. Dit voel vir die man asof sy penis teen ’n muur te staan kom. Behandeling is ’n kombinasie van seksterapie, bekkenvloer-masserings (deur ’n fisioterapeut), Kegel-oefeninge (lees meer op sarie.com) en seks-opvoeding.

Lees ook My Pillowbook (Oshun, 2007).

*Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve. co.za.

Verwante artikels

  • Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!

    Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!

    SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1

    Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.

  • Dr Eve-dilemma: Ek durf nie aan my man raak

    Dr Eve-dilemma: Ek durf nie aan my man raak

    SARIE Maart 2010

    Probleem: Ek is 27 en getroud. My probleem: Sedert ons getroud is, wil my man nie hê ek moet aan hom raak nie. Hy raak ook nie aan my nie. Hy masturbeer terwyl hy langs my lê...

  • Maak jou libido wakker: 8 maniere hoe

    Maak jou libido wakker: 8 maniere hoe

    SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2

    Jy voel net nooit meer die passie nie – temoeg, te ontevrede, te gestres . . . Die rede vir jou tanende seksdrang is dalk baie eenvoudig en makliker om op te kikker as wat jy dink.

  • The Great South African Sex Survey gee die feite

    The Great South African Sex Survey gee die feite

    SARIE - Februarie 2010

    Health24 het weer die resulte van hul jaarlikse Great South African Sex Survey bekendgemaak. Meer as 10 000 mense ouer as 20 wat meer as R2 500 per maand verdien met die minimum-kwalifikasie van matriek het deelgeneem. Dit verteenwoordig sowat 1.3 miljoen Suid-Afrikaners.

Kommentaar

Web Development by FormFunction