Dr Eve-dilemma: "Seks was nog nooit lekker"
Vraag: Ek is 27 en seks was nog nooit lekker nie, al het ek verskillende tegnieke probeer. Ek probeer die indruk by my vriend skep dat ek nie in seks belangstel nie.
Ek weet nie wat masturbasie of die G-kol is nie. Is daar iets met my verkeerd? Ek is skaam.
Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Onkunde is dikwels die oorsaak van 'n gebrek aan belangstelling in seks. Vroue word van jongs as geleer om nie in seksuele genot belang te stel nie, onkundig oor ons liggame te bly en nooit aangemoedig om ons liggame te ontdek nie. Los jou skaamte, dit staan tussen jou en seksuele plesier. Spoggerige seksuele posisies, mansvriende en liefde gaan jou nie gee wat jy verdien nie: Om 'n ingeligte seksuele wese te wees wat haarself toestemming gee om te ontdek en geniet wat haar liggaam bied. Kennis is die geheime sleutel wat jou seksualiteit ontsluit. Sluit die kamerdeur, maak seker jy is privaat en vat 'n spieël. Bekyk jou hele lyf terwyl jy naak is. Ondersoek, speel en ontdek jou lyf. Net dan sal jy selfvertroue hê om jou vriend na jou sekspartytjie toe te nooi. Deel met hom wat jou regtig gelukkig maak. Lees my boek Dr. Eve's Sex Book- a guide for young people (Human and Rousseau, 2008).
*Besoek haar webblad by www.dreve.co.za
Verwante artikels
-
"My kêrel floreer op flankeer"
SARIE - Februarie 2010
-
"Niemand hou van haar nuwe kêrel nie!"
SARIE - Desember 2009
-
Dilemma: Verlief op die verkeerde mans
SARIE - Junie 2010
Ek val pal vir die verkeerde man. Eers voel dit soos die groot liefde, hy bederf my en laat my goed voel, maar kort voor lank is hy erg besitlik, knou hy my af of laat hy my in die steek.
-
Dr. Eve oor affairs
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Dr. Eve-dilemma: My man kan my nie penetreer
Jy wou nog altyd daai vraag oor seks vra, maar het nie die moed gehad nie. Van vandeesmaand af beantwoord Dr Eve, bekende seksterapeut van Kaapstad, elke maand 1 vraag oor seks op sarie.com.
-
Is jy in voeling met jou seksualiteit?
SARIE - Oktober 2010
-
Maak jou libido wakker: 8 maniere hoe
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Jy voel net nooit meer die passie nie – temoeg, te ontevrede, te gestres . . . Die rede vir jou tanende seksdrang is dalk baie eenvoudig en makliker om op te kikker as wat jy dink.
-
Ons het niks meer vir mekaar te sê nie . . .
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3












Kommentaar