Intiem

Dr Eve-dilemma: “Seks was nog nooit lekker”

 Ek weet nie wat masturbasie of die G-kol is nie. Is daar iets met my verkeerd? Ek is skaam.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Onkunde is dikwels die oorsaak van ‘n gebrek aan belangstelling in seks. Vroue word van jongs as geleer om nie in seksuele genot belang te stel nie, onkundig oor ons liggame te bly en nooit aangemoedig om ons liggame te ontdek nie. Los jou skaamte, dit staan tussen jou en seksuele plesier. Spoggerige seksuele posisies, mansvriende en liefde gaan jou nie gee wat jy verdien nie: Om ‘n ingeligte seksuele wese te wees wat haarself toestemming gee om te ontdek en geniet wat haar liggaam bied. Kennis is die geheime sleutel wat jou seksualiteit ontsluit. Sluit die kamerdeur, maak seker jy is privaat en vat ‘n spieël. Bekyk jou hele lyf terwyl jy naak is. Ondersoek, speel en ontdek jou lyf. Net dan sal jy selfvertroue hê om jou vriend na jou sekspartytjie toe te nooi. Deel met hom wat jou regtig gelukkig maak. Lees my boek Dr. Eve’s Sex Book- a guide for young people (Human and Rousseau, 2008).

*Besoek haar webblad by www.dreve.co.za


  • baster

    Dit is sommer baie kak