FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

Gesond

Dít sê jou voete oor jou gesondheid

Jou voete is getroue bondgenote deur dik en dun. Lees jy die tekens reg, kan hulle jou oor jou gesondheid inlig.

Dís wat jou voete vir jou probeer sê:

1. Geitjie-voete: Droog, gebars, skilferig = Jou skildklier

Screen Shot 2016-09-29 at 1.38.55 PM

Dalk moet jy net die vogroom meer kwistig gebruik. Maar as dit saamgaan met simptome soos gewigstoename, dooierigheid in jou hande of probleme met sig, besoek jou dokter. Jou skildklier vervaardig hormone wat onder meer jou metaboliese spoed, bloeddruk en funksies van die senuweestelsel beheer.

2. Hobbit-voete (bles tone) = Hartvatsiekte 

Screen Shot 2016-09-29 at 1.39.09 PM

Vroue, nes Hobbits en mans, het hare op hul tone. Vroue s’n is net baie fyner. As jy oplet joune verloor ’n bietjie hare of is heeltemal “bles”, kan dit ’n teken van swak bloedvloei (en dalk hartvatsiekte) wees. Besoek jou dokter, hou op rook, eet gesond en oefen gereeld.

3. Vaak voete (doodse gevoel) = Hartvatsiekte, diabetis 

Screen Shot 2016-09-29 at 1.39.33 PM

Dis normaal dat jou voete slaap as jy te lank in een posisie gesit het, of in ’n ongemaklike posisie aan die slaap geraak het. Maar gebeur dit gereeld, of terwyl jy aktief is, kan dit ’n teken van hartvatsiekte wees. Dis ook ’n algemene simptoom van perifere neuropatie (weens skade aan die perifere senuwees), verwant aan diabetes tipe 2. Diabetes bemoeilik bloedvloei na jou voete, wat beteken seerplekke vat langer om te genees.

4. Ruimtewese voete (swart kolle / lyne onder jou toonnaels) = Melanoom, swaminfeksie

Screen Shot 2016-09-29 at 1.39.40 PM

 

Dis normaal as jy jou toon in die motor se deur vasslaan. Maar kan ook ’n teken wees van ’n versteekte melanoom (gevaarlike gewas). Of dalk is dit net’n swaminfeksie. Minder gevaarlik as kanker, maar besoek nietemin jou dokter.

5. Pynlike voete (Brandende of skietende pyn met jou eerste treë soggens) = Rumatoïede artritis, in ammasie van die gewrigte

Screen Shot 2016-09-29 at 1.39.47 PM

Beheer met medikasie en gereelde oefening. Spierkramp Strek jou voetspiere voor jy opstaan. Dehidrasie of gebrek aan kalsium, magnesium en kalium
Eet gebalanseerd en drink water voor jy bed toe gaan.

Lees nou

Bekendste sitvlak kry klapsoen!

Eloise Cupido is swanger!

Kyk wie is terug ná 10 jaar!