FOTO Unsplash / Vinicus

FOTO Unsplash / Vinicus

Gesond

Jy vlos dalk verkeerd

In die nuus is dit uitbasuin: Daar’s min wetenskaplike bewyse dat jy jou tande moet vlos. Wat presies word hiermee bedoel? Want die moontlike koste is hoog – vir jou sak en gesondheid.

Vlos of nie vlos?

Besluit self met dié eenvoudige toets, sê dr. Ilona Visser, ’n tandarts van Kaapstad. Los die vlos ’n paar dae, borsel net jou tande gereeld. Vlos dan en ruik daaraan. Die slegte reuk is weens gasse wat deur bakterieë geproduseer word. Vlos ’n paar keer agtermekaar en die reuk verdwyn. Het jy méér bewyse nodig? Dit lyk asof vlos tog die antwoord is . . .

Regte manier om te vlos

Trek sowat 5 cm vlos styf tussen jou duime en vlos jou boonste tande; en tussen jou wysvingers vir jou onderstes. Plaas die vlos tussen jou tande met ’n baie sagte saagbeweging. Saag saggies tot by jou tandvleis, vou dan die vlos in ’n C-vorm om jou tand en vlos. Doen dieselfde aan die ander kant. Moenie te ru wees nie en werk versigtig sodat jy nie jou tandvleis sny nie. Dit kan in die begin ’n bietjie bloei. Hoe meer gereeld jy vlos, hoe minder sal dit gebeur. Jy verwyder die plaak (bakterieë) wat irritasie en bloeding veroorsaak. Besoek jou tandarts dadelik as die bloeding voortduur of gepaardgaan met pyn en swelling.

Lees nou

Kyk hoe lekker kry hierdie pasgebore baba!

Alles wat jy van Black Friday moet weet

5 wenke: Keer dat jou somer-haarkleur vervaag