Adventure Boot Camp

FOTO: Adventure Boot Camp

Gesond

Bang vir wintervet? Ruk jou lyf só reg!

Hulle sê fikse lywe word in die winter gemaak. Hier is ’n paar lekker maniere om die wintervet te vermy. 

Só sê Wendy-Joy Timmes, een van die instrukteurs van Adventure Boot Camp Running Clinic. Dit is min dat iemand regtig van hardloop hou, daarom bied Adventure Boot Camp ’n nuwe hardloopkliniek aan. Die doel van die program is om vroue te help om hul eerste 5 km- of 10 km-wedloop te hardloop.

Adventure Boot Camp

FOTO: Adventure Boot Camp Running Clinic

Die hardloopkliniek is ’n week lank en bestaan uit daaglikse eenuur-sessies. Dié sessies leer vroue van die eerste dag af om reg te hardloop.

Hier is nog ’n paar ongewone maniere om fiks te word dié winter:

Rotsklim
Nee, jy hoef nie in die winter ’n berg aan te durf nie. Danksy binnenshuise rotsklim-arenas oral in die land het dié sportsoort vinnig gewild geword. Rotsklim verbeter jou soepelheid en balans, bevorder die bou van jou armspiere  en verbrand kalorieë. Aangesien jy op elke stap moet fokus, ontwikkel dit ook jou konsentrasie. ’n Perfekte keuse vir diegene wat die gevoel van die natuur wil hê sonder om dit buite in die koue te waag.

 

Hoeladans
Dink jy hoelahoepels is net bedoel vir klein kinders? Mans én vroue gebruik deesdae die hoela vir ’n onkonvensionele manier van oefen. Daar word formele hoelaklasse aangebied waar jy kan leer om verskeie tegnieke en toertjies met die hoela te doen – soos om op musiek te dans terwyl jy stap! Dit is vir seker ’n manier om jou vinnig te laat vergeet dat jy eintlik besig is om te oefen.

 

Rolskaats
Gaan krap in jou kas as jy dié oefening wil aanpak. Verplaas jouself terug na die 1990’s en trek jou rolskaatse aan. Hierdie vinnige kontaksport is nou, 20 jaar later, wêreldwyd weer gewild. Dis ’n lekker alternatief vir hardloop.

 

Paaldansklasse
Dié een gaan jou dalk laat bloos, maar dis een van die lekkerste soorte oefening om jou meer soepel te maak en om jou lyf meer definisie te gee. Paaldansklasse is nou so gewild dat die Pole Dance Sport Associations of South Africa geskep is. Jy leer verskeie tegnieke en danspassies wat jou maagspiere behoorlik oefen. Beslis iets om te probeer!

Lees nou

5 oplossings vir yl hare

Jou vinnige en gesonde vis-aandete vir Maandagaand

Kry ’n gesonde leefstyl met raad van Via se Sieners