In dié posisie strek SARIE-skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, haar kniesenings en oefen sy haar maagspiere FOTO Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

Oefen

2014 se oefen-trends wat jy voor jou TV kan doen

 

 

Minder mense gaan vanjaar na die tradisionele gim toe om hul oefening te kry. Spesialisoefening, wat jy ook in jou sitkamer kan doen, is nou groot nuus. Ons kyk na 2014 se grootste oefen-trends.

 

 

 

Joga

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Joga is ’n reeks oefeninge so oud soos die Egiptiese sfinks – en dít is sowat 5 000 jaar. Die tydskrif Time het al  geskryf joga kan die mediese wonderwork van die toekoms wees. Of pure wensdenkery. Die navorsing wat gereeld in mediese joernale verskyn oor die gesondheidsvoordele daarvan wys dis waarskynlik méér as net in jou kop.

 

 

 

 

 

Bekende aktrises en modelle soos Jennifer Aniston en Gisele Bündchen (foto onder) beoefen joga.

FOTO: Gisele Bündchen strek langs haar jaar-oue baba, Vivian Lake Brady (Instagram)

FOTO: Gisele Bündchen strek langs haar jaar oue baba, Vivian Lake Brady (Instagram)

Charis Labuschagne, SARIE se skoonheidsredakteur (hooffoto), doen al ses jaar joga. Lees HIER wat sy hieroor skryf én sien foto’s van haar oefenroetine.

Doen dit in jou sitkamer

Ballet

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Om ballet te doen as oefening is al vir ’n paar jaar populêr. Dit begin egter nou trend. 

Baie bekendes, soos Taylor Swift, skryf hul lang lenige spiere toe aan dié klassieke dansoefening.

Doen dit in jou sitkamer

 

 

 

 

 

 

Pilates

Pilates is verantwoordelik vir sterk maagspiere en is ook lank reeds ’n gunsteling onder die sterre.

Doen dit in jou sitkamer

 

Teiken spesifieke areas

Om jou probleemareas te teiken beteken dat jy slim oefen. Tracy Anderson is die persoonlike afrigter vir sterre soos Nicole Richie, Kim Kardashian, Madonna, Sarah Jessica Parker, Molly Sims, Beyoncé, Kate Hudson, Shakira en Cameron Diaz.

Doen dit in jou sitkamer

Hulp vir gewigsverlies