FOTO: Verskaf aan SARIE

FOTO: Verskaf aan SARIE

Oefen

Aktrise Odelle de Wet blog: Bali toe vir joga-inspirasie! DEEL 3

Die aktrise Odelle de Wet (beter bekend as die bose Delia van Binnelanders) is vir 26 dae in Bali op ’n joga-kursus. Sy en haar ma, wat Bali nog altyd baie graag wou sien, bly vir dié tyd in die dorpie Ubud.

Odelle blog eksklusief vir SARIE.com oor dié ervaring.

Lees die eerste aflewering van haar blog HIER.

Lees die tweede aflewering van haar blog HIER.

En so breek die laaste twee weke, laaste Maandag en helaas die laaste dag van my joga-kursus aan.

Aan die een kant het dit gevoel soos ’n maand omdat jy dinge soveel stadiger gevat het met die joga en meditasie. Aan die ander kant het dit gevlieg met al die hardloop van winkel na mark na tempel en nog straatwinkeltjies met ditjies en datjies en poegies wat om jou rondjaag.

Tydens die derde week van die kursus het ek ’n effense laagtepunt bereik. Ek kon net nie sekere posture of vinyasas (beweging tussen posture) baasraak nie. Dit het gelei tot doeloriëntasie en later frustrasie. Ek was ongelooflik moeg tydens my sessies wat tot nog meer frustrasie lei, want dan kan jy skaars daaraan dink om jou self sittende van die grond te lig en stadig terug te “float”, wat nog te sê dit doen!

IMG_106286832379111

Tot verlede Sondag, dat ek besluit het, vandag fokus ek glad nie op die posture of wat ek in my gedagtes fisiek wil vermag nie. Ek fokus bloot op my asemhaling en laat toe dat die asemhaling my lei … en boom!

Dat so ’n simpel ding soos asemhaling jou hele uitkyk 180 grade kan omswaai. En dis wat die oeroue tekste soos Patanjali se joga-sutras die hele tyd van die begin af “preek” en “profeteer”! As ek maar net geluister het. Seker nooit te laat om te leer nie …

Matthew (ons instrukteur) praat gereeld van “kindness”. Teenoor onsself, ons liggaam, die positiewe en negatiewe aspekte van ons persoonlikheid, ander mense, ons reaksies teenoor ander, diere en die omgewing. Die moeilikste is seker teenoor onsself.

Dit laat my dink aan ’n aanhaling van die Dalai Lama:

“This is my simple religion. There is no need for temples; no need for complicated philosophy. Our own brain, our own heart is our temple; the philosophy is kindness.”

Dit tref ’n snaar baie na aan my hart.

My jogadae van daar was absoluut wonderlik. Nie omdat ek alles noodwendig kon regkry  nie, maar oor dit nie my doel was nie. My doel was bewustheid, om in die oomblik te wees met dit wat ek beleef. En as dit nie aangenaam was nie, daarmee ook oukei te wees.

Laasgenoemde trek ’n mens deur na jou alledaagse lewe. Dis seker waarna verwys word as mense sê: To take your yoga practice off the mat.

Joga het bitter min te doen met bloot jouself in obskure knope te kry of ’n eenhand-handstand te kan doen. Die eintlike uiteinde van al hierdie malligheid is om jou gedagtes te voel, waar te neem en te detach from the outcome.

FOTO: Verskaf aan SARIE.com

FOTO: Verskaf aan SARIE.com

Joga se hoofdoel soos ek dit verstaan, is om die gedagtefluktuasies te laat stil word en one-pointed awareness te kweek sodat jy meer kan observeer en kalmte beleef as noodwendig te reageer van ’n persoonlike standpunt.

Dit lei tot minder confusion en meer clarity’n Duideliker doel voor oë of watse stap jy volgende gaan neem terwyl jy fokus op die proses en minder op die uiteinde.

Soos A.G. Mohan skryf in die boek Krishnamacharya: His Life and Teachings (Mohan is seker die bekendste joga-instrukteur in die laaste eeu wat onder Pattabhi Jois (Ashtanga-joga) en B.K.S. Iyengar (Iyengar-joga) geleer het): “The primary goal of classical yoga is to bring concentration and stillness to the mind.”

Ook sê Krishnamacharya: “No mental control, no yoga!”

Matthew Sweeney het self heel in die begin ons herinner: Onthou, dis nie die liggaam wat moeg raak nie. Maar die mind. Die gedagtes. As ons meer fokus op ’n sterk gefokusde en gedissiplineerde mind, is ek oortuig sal groot verskuiwings en veranderinge in ons daaglikse realiteit manifesteer.

Woensdag het ’n vriendin van Suid-Afrika, Berdine, gearriveer en het die 3 van ons heerlik gaan uiteet by een van die restaurante om die draai. Twee dae daarna is Berdine en Ma platgetrek met sonsteek … nie als altyd maanskyn en rose op die eiland nie.

20140926_120851

Donderdag het ek nog ’n bietjie shopping ingewerk, en die aand het ons ’n afskeidsete by die Shala geniet met raspberry-koek en vegan-sjokolademousse vir poeding. Mmmmm. Nie wonderlik vir die midrif nie, maar solank die siel gevoed is. En niks soos ’n bietjie tjoklit om die siel se vlerke te laat klap nie.

Vrydagoggend het ons afskeid-jogasessie geëindig met kop- en handstande.

Met die openinggebed wat ons gewoonlik agter Matthew aan chant, het ons met die afsluiting almal saam soos een man gechant. Die energie was so volmaak en sterk dat ek met die laaste “OM” hoendervel oor my hele lyf gehad het. Dit het gevoel of die fyn haartjies op my arms begin groei en lewe kry.

Aan die einde het ons foto’s geneem en gaan ontbyt nuttig. Patat-pastei met klapper en klapperstroop, pampoenbrood met botter en vrugte. Ment, lemmetjie en heuningsap. Wat meer kan ’n joga-entoesias vra?

Die middag het ek na my mede-yogi Laura Hancock se villa gestap waar sy vir my ’n twee uur lange Ayurvedic-massering gegee het. Bliss!

odelle de wet blog 2

Vol olie stap ek Shala toe waarna ek en Ma ’n Magnum gaan verorber het.

En so kom ons trip tot ’n einde. Ek het soveel sielsjuwele wat ek saamneem huis toe.

Bo en behalwe die feit dat my naam reeds op is vir Matthew se 3 maande lange Teacher Training in 2016. So … nou begin die groot spaar en joga, joga, joga!!