Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
Foto’s: Illustrasies: Power Plate™ Suid-Afrika Galery
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
Jan van Zyl, persoonlike sport- en oefenkundige van Elite Training in Kaapstad, sê sy kliënte kry hiermee vinniger en beter resultate as met konvensionele oefeninge, want op die Power Plate™ werk meer spierweefsel en spiergroepe in ’n betreklik kort tyd.
Hier is Jan se program:
1. Hurk (squats)
Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar en byna 90˚ gebuig (die “ski-posisie”). Moenie aan die Power Plate™ “hang” nie, probeer op jou eie balanseer. (Vir bobene en kuite.)

2. Lunges
Sit jou een voet op die Power Plate™, jou been 90˚ gebuig. Jou ander been is byna parallel met die vloer. Probeer jou gewig eweredig oor albei bene versprei. (Vir bobene, boude en kuite.)

3. Brug
Sit jou voorarms op die Power Plate™. (Dit moet ’n 90˚-hoek met jou bo-arms vorm.) Jou bene is reguit en jou tone op die vloer. Hou jou rug reguit. Span jou maagspiere en trek jou elmboë na jou tone. Dit laat verskeie spiergroepe werk en is uitstekend om jou sirkulasie te verbeter.

Vir punt 4 (heupmassering), 5 (bobeen-massering) en 6 (kuitmassering) hoef jy niks te doen nie. Dis passiewe behandelings wat jou sirkulasie verbeter (en dus selluliet beveg).



Tyd op die Power Plate™
Sowat 30 minute. Herhaal elke oefening 2 keer. Probeer dié program met kardiovaskulêre oefening kombineer, soos stap, draf of fietsry.
Wat as jy nie toegang tot ’n Power Plate™ het nie?
Doen dan bloot konvensionele weerstandsoefeninge (bv. met gewigte). Konsentreer op ál jou spiergroepe, nie net op probleem-gebiede nie.
Vir afsprake: Jan, 083 395 4003, jvz246@gmail.com
Hier is die sop-resep waarna daar in die eetplan verwys word.
* JOU VOLLEDIGE EETPLAN TEEN SELLULIET + EET JOU MAALTYE SÓ
Verwante artikels
-
SARIE Facebook-fan vertel hoe sy byna 100 kg verloor het
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 39
"Die belangrikste skuif wat moet plaasvind, is die een in jou kop!"
-
Sowaar, winter is dié tyd vir dieet! Verloor tot 2,5 kg in 10 dae
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 1
Jy smag na warm trooskos - en dié dieet gee dit vir jou. Die winter is juis die tyd om jou lyf viets te kry, want dan is jou metabolisme 'n rapsie vinniger.
-
Tot siens selluliet - doen dit só
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg . . .
-
Tot siens selluliet - hier's die eetplan
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Verloor gewig - slaap meer
As jy gereeld sleg slaap, kan dit jou metabolisme omkrap – en jy kan gewig aansit
-
Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 5
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.



















Kommentaar
ANNELIZE het gesê:
Ek soek ook meer inligting in verband met PP want ek wil vir my een koop.Ek is oor gewig en het n engel problem.
20ste Mar. 2011, 16:19Tanya het gesê:
www.ignatius.co.za Hier is nou 'n oulike webwerf waar ek oulike programme vir myself kon koop sommer met paypal en dit het vir my gewerk! Ignatius is die 'strengh and conditioning' spesialis by die TUKS en sy atlete se bevordering bewys dit! gaan kyk beslis daarna!
2de Jan. 2011, 21:37Willa het gesê:
Daar is soveel verskillende PP op die mark,watter een koop ek en waar? Ek woon in Rustenburg.
30ste Nov. 2010, 15:20Naomi het gesê:
Kan 'n mens powerplate iewers in Brackenfell omgewing koop en wat kos dit en kan 'n mens afbetaal. Baie dankie
18de Nov. 2010, 08:53Rika Eksteen het gesê:
Die power plate is fantasties, ek is al diep in die 50's en gaan 3 keer 'n week vir 'n half uur, ek kan nie die verskil glo nie. Kan dit vir baie mense aanbeveel - Somerset Wes
11de Nov. 2010, 12:57Hester Venter het gesê:
Ek is 53, het lae rug operasie gehad, kan ek op die p/p oefen? Ek sien hier is nog n Hester Venter sal graag van jou wil hoor!
11de Nov. 2010, 12:40Mariana het gesê:
Hi Lynette ek kan jou die ideale vrou in Centurion aanbeveel. Sien haar besonderhede dieronder. Yolandi Wiese Magic Solutions 012 655-0714 of 072 546 7750 yolandi@magicsolutions.co.za
10de Nov. 2010, 14:05Liz het gesê:
My man het lank terug 'n artikel gelees waar hulle ook tot die gevolgtrekking kom dat die PP nie so veilig is soos wat mens dink of voorgee nie. Lees maar op daaroor en praat met jou dokter, dis seker die beste om eers uit te vind wat die ware feite is voordat mens hierdie PP koop wat nogal duur is.
6de Aug. 2010, 10:04Li-Anne het gesê:
Ek was ook aan die begin baie opgewonde oor powerplate, maar ek het gehoor dat powerplate selgroei bevorder en dat jou liggaam nie kan onderskei tussen goeie en negatiewe selle soos kanker.
6de Aug. 2010, 07:47Lizell Muller het gesê:
Ek het julle artikel oor die powerplate gelees en was so geinspireer ek het by virgin active die powerplate begin gebruik. Dit was nie lank nie en ek was heeltemal verslaaf aan die ontspannende kalmerende effek wat die vibrasie op my het. Ek doen deesdae 'n volle halfuur workout daarop en het agtergekom dat dit ook fantasties is vir my bene se veneuse terugvloei en dat my bene nie meer so swaar voel na 'n 12 uur skof nie!
1ste Aug. 2010, 19:00Lydia van SARIE het gesê:
Jan van Zyl, persoonlike sport- en oefenkundige van Elite Training in Kaapstad, sê: Ek het rondgekrap en met Power Plate SA gepraat. Daar is geen navorsing wat dui daarop dat vibrasie tegnologie ( Power-Plate ) nadelig is vir jou ingewande nie. Al jou liggaamsdele werk op verskillende frekwensies, waarvan die hoogste 18Hz is. Power-Plate begin eers by 30Hz. M.a.w daar is geen gevaar van resonansie soos daar bv is met mense wat met "jack-hammers" werk nie.
14de Mei. 2010, 10:50Hester Venter het gesê:
Ek is 58 en oefen nou 6 maande op die p/p. Alhoewel ek nie juis gewig verloor nie (ek glo daarvoor moet jy terselfdertyd dieet) is my lyf getone, selluliet is feitlik weg en ek voel baie meer beweeglik. My gesig is ook maar rooi na so 'n sessie, want ek staan nie net stil nie, maar doen die oefeninge. Ek het 2 maal hoofpyn gekry, maar drink dan dadelik water en die hoofpyn verdwyn. My waterbottel is gewoonlik leeg teen die einde van die sessie. Ek sal egter ook graag wil weet of daar al navorsing gedoen is om uit te vind of die geskud nie skadelik kan wees vir die hart, brein of aarstelsel nie.
29ste Apr. 2010, 17:47Elize het gesê:
Ek het 'n powerplate gehad, ja dit is goed vir bloed sirkulasie, maar dit maak jou nie maer nie, en ek praat van maande wat ek vir elke aand presies 45 min lank op hom gestaan het. Ek het dit nou aan my 70 jarige skoonpa gegee vir wie dit wondere verrig m.b.t die bloed sirkulasie!
30ste Mar. 2010, 09:33Rina Muller het gesê:
Ek het 'n gebreekte enkel en loop gedurig mank wat oefening gewoonlik pynlik maak. Ek het by Jacobs en Jansen Biokinetika begin oefen in Hartbeespoort en is nou in my vierde week. Ek is dankbaar oor die effek op my enkel en algehele verbetering van bloedsirkulasie. Belangrik is dat jy deur gekwalifiseerde persone behandel moet word.
21ste Feb. 2010, 21:20LOURENCA het gesê:
hi ek het begin gim en gebruik powerplate ek wil net verneem oor die artkel Evette bevraagteken ek ly ook aan hoebloeddruk en erg maanstonde pyne is 46j oud sal info waardeur,want ek het baie keer n hoofpyn na die powerplate sessie.
8ste Feb. 2010, 10:22H Van Der Merwe het gesê:
Ek is baie positief teenoor die PP. Voor kersfees het ek vir 'n week lank elke dag vir 30 min op die PP geoefen. Die resultate was dat ek om my middel 4 cm en om my heupe 2 cm verloor. Ek kan die PP vir almal aanbeveel.
29ste Jan. 2010, 00:21M Coertzen het gesê:
Ek is baie baie tevrede met die PP, ek oefen daagliks op my PP. Ek het vir myself een aan geskaf en kan nie sien hoe dit nadelig vir n mens kan wees nie. Ek het nog nooit sleg gevoel nie, inteendeel, net meer gemotiveerd. Dankie vir die wonderlike artikel, ek vind die oefeninge baie handig! Enige nuwe positiewe wenke of raad sal wardeer word.
20ste Jan. 2010, 22:04Evette het gesê:
Goeie middag Ek wou net gou hier n klip in die bos rol. Watter tipe navorsing is tot nou toe op die Power-plate gedoen? Die rede waarom ek vra, ek het self n paar maande op die PP geoefen. Ek gebruik bloeddruk medikasie en dit is goed onder beheer. Maar na die oefen op die PP het my bloeddruk weer die hoogte ingeskiet en kon dit amper nie weer onder beheer kry nie. My maandstonde het ook heeltemal hand uitgeruk en sou begin en dan vir iets soos 20 dae aaneen aanhou. My persoonlike ervaring van die PP is glad nie goed nie. Toe ek die vrou skakel by wie ek geoefen het toe se sy, ja wel sulke dinge kan gebeur....
11de Jan. 2010, 13:39Natalie het gesê:
saam-saam die lewensstyl te doen is sommer 'n baie goeie idee - dankie vir die artikel!
23ste Nov. 2009, 12:16elize het gesê:
As ek die gevorderde plan wil doen, hoe kry ek dit in die hande. Ek doen alreeds vir 'n paar maande die aanbevole "begin" oefeninge en meeer.
3de Nov. 2009, 13:53Lynette van Zyl het gesê:
Waar in die Centurion-omgewing kan mens dit be-oefen? Is daar enige kontaknommers?
21ste Okt. 2009, 11:49