Active Top With Trim Pink ; Tonic Crop Mid Purple ; Racerback Top ; Two Colour Singlet

Oefen

Oefen vir net 12 minute PLUS Maart se top-10 oefenliedjies om jou te motiveer

Die herfs het aangebreek en dit beteken dat dit reeds moeiliker begin raak om aan die oefen te kom. Maar slegs 12 minute maak reeds ’n verskil én dié 10 liedjies sal jou motiveer!

As jy elke dag 12 minute lank wisselende oefening (interval training) doen, kan dit ’n groot verskil aan jou gesondheid maak.

  • Stap ’n minuut vinnig, ’n minuut stadiger, en herhaal tot die 12 minute verby is – in die natuur is die beste!
  • Of luister na ritmiese musiek en dans stadig en dan vinniger – swaai- en wiegbewegings afgewissel met lekker dans – vir 12 minute.*

Musiek om jou te motiveer

(klik op die liedjie se skakel om die musiekvideo te sien)

Avicii – “Hey Brother”

Desmond Wells – “Dans My Verlief”

Lorde – “Team”

Kurt Darren – “Rebel En Rats”

Katy Perry – “Unconditionally”

Blackbyrd – “I Feel Good Today”

ADAM – “Sal Oorlog Vir Jou Maak”

Matthew Mole – “Take Yours, I’ll Take Mine”

Kelly Clarkson – “People Like Us”

Fitz And The Tantrums – “The Walker”

 * Dié inligting kom uit SARIE, Maart 2014, “Gesondheidsdinge” deur Lydia van der Merwe.

Oefenklere uit die SARIE-winkel