Die model Nadja Bender reis rond tydens die Chanel Lente/Somer-modevertoning van 2014 FOTO: Instagram

Oefen

Oefen sonder moeite in 6 maklike stappe

Jy weet jy moet, maar kom net nie aan die oefen nie? Begin deur daagliks net ’n bietjie meer te beweeg.

Stap 1

Besef beweging en oefening is belangrik vir jou toekoms en erken jou leefstyl is ongesond.

Stap 2

Kry mense wat jou kan ondersteun. Bou ’n emosionele verhouding met oefening deur ’n oefen-vriendin te hê. Sluit by ’n oefengroep aan (soos Run/Walk for Life).

Stap 3

Beweeg meer deur die dag

  • Meet jouself met oefen-instrumente (soos ’n treëmeter of hartmonitor). Meting vorm ’n hoeksteen in die proses om jou gewoontes te verander. Peter Drucker, bekende Amerikaanse bestuurskonsultant, sê jy kan nie verander wat jy nie meet nie.
  • Eenvoudige pret-aktiwiteite kan ’n verbasende impak op oefening hê. Onthou die hoelahoepel van die jare sestig? Hope pret, en goeie oefening vir jou middel.
  • Maak vriende met mense wat reeds oefen.

Stap 4

Die belangrikste deel van ’n nuwe leefstyl is om iets te verander, groot of klein.

Stap 5

Vier oorwinnings, vertel jou vriende.

Stap 6

Hou aan nuwe doelwitte stel.

Bult jou spiere – sonder sweet

Sit of staan en fokus. Trek al jou spiere saam. Byt op jou tande, druk jou arms styf teen jou lyf, trek jou boudspiere, maagspiere, bobeenspiere en kuite saam. Krul jou tone en maak jou hande kloue. Jy moet byna begin bewe en rooi in jou gesig word. Doen dit sowat ’n minuut lank. Haal asem terwyl jy dit doen. Ontspan nou. Jy gaan nie glo hoe goed dit jou gaan laat voel nie. Doen dit ’n paar keer ’n dag en jy help jou liggaam om te ontsnap van die bose kringloop van cravings, te veel eet en gewig aansit – alles deel van insulienweerstandigheid.

Dié inligting kom uit die artikel “Oefen sonder moeite” deur Lydia van der Merwe in SARIE, Februarie 2014.

Lees ook Dieetkundige Mariza van Zyl se blog, “Oefen sonder om ’n vinger te lig”.