FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Oefen

Oefenprogram van nét 12 minute

Ek het eenvoudig nie tyd om te oefen nie. Te veel van ons sê dít te gereeld. 

Theo Pretorius, persoonlike fiksheidsinstrukteur by Bodydynamics in Gauteng deel sy oefenprogram wat net 12 minute neem!

“Dis altyd beter om iéts te doen as om niks te doen net omdat jy nie vir ure op ’n slag kan oefen nie.

Dié oefenprogram neem net 12 minute. Doen elke oefening vir 20 sekondes en rus dan vir 10 sekondes voor jy die volgende een doen. Herhaal die stel 3 keer. Rus ’n minuut tussenin.”

Opstote (push-ups) – lê op jou maag, hande langs jou skouers, stut jouself op jou knieë (later jou voete) en stoot jouself met jou arms op, sak stadig met jou bolyf tot net bokant die vloer deur jou arms te buig

Burpees – hurk, skop jou voete terug, doen ’n opstoot, keer terug na die hurk- posisie en spring in die lug

Hurksitte (squats) – staan met jou voete heupwydte uit mekaar, arms voor jou uitgestrek en laat sak jou boude sodat dit lyk asof jy sit

Triseps-oefening – staan met jou rug na ’n tafel, hande op die rand, sak af met jou lyf en stoot jouself weer met jou arms op

Sterspronge (jumping jacks) – spring na ’n wydsbeen-posisie en
klap terselfdertyd jou hande bo jou kop, spring dan weer sodat jou bene bymekaar is en jou hande langs jou sye

Afsakke (lunges) – staan met voete ’n liniaalbreedte uitmekaar, tree stadig vorentoe met regterbeen en sak stadig met jou linkerknie tot op die vloer, kom regop en tree terug met regterbeen; doen dieselfde met jou linkerbeen

Hardloop op die plek

Plank – doen ’n opstoot en bly in daardie posisie, met jou lyf reguit

Bodydynamics: www.body-dynamics.co.za

Dié inligting kom uit die aritkel “Ek weet ek moet oefen, maar ek het geldige verskonings …” uit ons Augustus-uitgawe. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.