FOTO: Instagram  luudohoanganh

FOTO: Instagram luudohoanganh

Oefen

Wat is die beste: Draf op ’n trapmeul of buite?

Trapmeul (treadmill) vs buite draf

Jou kans op beserings is groter as jy dieselfde hardloopbeweging derduisende kere herhaal, soos op ’n trapmeul of ’n sypaadjie sonder veel variasie. (Geen draaie en op- en
afdraandes nie.)

In die buitelug is daar ook meer lugweerstand, dus oefen jy ’n klein bietjie harder as jy buite draf. Die natuur het ook ’n wonderlike uitwerking op jou gemoed.

Maar as die weer sleg is, maak gerus op ’n trapmeul staat. Dit kom nou wel tweede, maar is net ’n kortkop agter, veral as jy die helling op 1% stel om vir die gebrek aan lugweerstand op te maak.

FOTO: Instagram  @vergha_8

FOTO: Instagram @vergha_8

Bron: time.com