Oefen

Zola se eerste Comrades – só oefen sy

En niemand anders as die Comrades-koning, Bruce Fordyce, help haar met haar voorbereiding nie.

Zola en Bruce het mekaar in November raakgeloop by die New York marathon-ekspo, vertel sy. “Ek het hom vertel ek wil graag aan die Comrades deelneem. Toe reël hy vir my die borgskap by The Unlimited en gee sommer ook goeie raad oor hoe om voor te berei,” vertel Zola. “Hy het gesê April is die belangrikste tyd om te oefen vir die Comrades. As jy ’n goeie oefenmaand in April het, dan sal jy ’n goeie Comrades hardloop.”

Zola hardloop tans tussen 100km en 110km in ’n week. “Ek hoop om teen April so 150km in ’n week af te lê. Vanaf Mei-maand moet ek weer korter afstande hardloop.” Sy probeer om een dag van die week te rus.

“Die moeilikste van my voorbereiding is om sulke lang afstande alleen te hardloop. Ek word moeg vir my eie geselskap ná twee ure. Gelukkig hardloop my dogter, Lisa so ’n uur saam met my.”

Bruce vertel hy en Zola kommunikeer gereeld via e-pos om te hoor hoe dit met haar voorbereiding gaan.

  • Wilna Beukes

    Sterkte jy sal goed doen

  • Rosimeire

    ik sta zeker niet graag op de foto !!dus verstop ik me atjlid !Joepieik sta alleen graag op de foto als iemand anders er ook mee op gaat!dus ik denk wel dat robot het minder erg zou vinden als jij er mee op staat !veel geluk groetjes Imani !!:)