FOTO Unsplash

Gesond

Pasop vir dié babelas-mites

Dis feestyd en jy’t tyd vir ’n glasie wyn of vier. Maar o wee, die kopseer. Moenie jou tyd mors met die volgende babelas-mites nie: Koffie is nie ’n kuur vir babelas nie. Dit maak dinge dalk net rowwer. En ’n sopie voor slaaptyd gaan jou ook nie lekker laat slaap nie … Hier’s nog wolhaarstories.

via GIPHY

Kies rooiwyn as jy babelas vrees

Screen Shot 2016-12-13 at 1.04.01 PM

NEE. Rooiwyn, naas brandewyn, gaan jou kop die meeste laat klop. Daarna volg rum, whiskey, bier, witwyn, jenewer en vodka. Jou kans om ’n babelas van bourbon-whiskey te kry, is dubbel soveel as met dieselfde hoeveelheid vodka, volgens die British Medical Journal.

Eers hardehout, dan bier

Screen Shot 2016-12-13 at 1.04.34 PM

NEE. “Beer before liquor, never sicker. Liquor before beer, never fear,” gaan die rympie. Dis egter die hoeveelheid alkohol wat tel, nie die volgorde waarin jy dit drink nie. Moenie dat die grootte van jou drankie jou mislei nie.

via GIPHY

Pasta voor slaaptyd

Screen Shot 2016-12-13 at 1.04.39 PM

NEE. Eet vóór jy begin drink, nie as jy reeds een te veel gehad het nie. Kos kan wel ’n effek hê op hoe vinnig jou liggaam alkohol absorbeer, maar daarvoor is vetterige kos die beste. Eet ’n steak of pizza voor jou eerste martini.

’n Pynpil voor droomland

Screen Shot 2016-12-13 at 1.04.44 PM

NEE. Teen die tyd dat jy wakker word, het dit lankal uitgewerk. Drink dit as jy die volgende oggend jou oë oopmaak. En liters water tydens jou drinksessie, en wanneer jy opstaan, om ontwatering te voorkom.

’n Regmakertjie soggens

Screen Shot 2016-12-13 at 1.06.08 PM

NEE. Die ergste simptome tref jou as daar nie meer alkohol in jou bloed is nie. En ’n “sopie vir die haarpyn” gaan daardie oomblik net langer uitstel.

via GIPHY

Lees nou

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

AB maak plek vir Faf