FOTO: Getty Images / Gallo Images / Nick David

FOTO: Getty Images / Gallo Images / Nick David

Gesond

Sit is slegter as rook – jou oplossing

Baie mense wat op kantoor werk, sit die grootste deel van die dag. Dit benadeel jou gesondheid – selfs al doen jy ekstra oefening.

Jy sit heeldag agter die rekenaar, jy sit as jy middagete eet, jy sit in die kar in die verkeer en jy sit voor die televisie tot jy saans gaan slaap …

Verskeie studies wys te veel ononderbroke ure in ’n stoel of op die bank kan ’n nadelige invloed hê op jou gewig en jou vatbaarder maak vir chroniese siektes.

Dr. James Le­vine, direkteur van die Mayo Clinic en die Arizona-Universiteit se vetsug-oplossingseenheid, bestudeer al jare die gevolge en gevare van om te veel te sit. En hy meen om te sit is slegter as rook, veral as jy onaktief is. Lees die volledige artikel op Netwerk24.

Mood rekenaar lees nou

FOTO Unsplash /Tim Gouw

FOTO Unsplash /Tim Gouw

 

Die mens is nie gemaak om ure lank te sit nie. Tog doen baie van ons dit by die werk. Maak dit makliker met dié wenke:

6 maniere om minder te sit

1) As jy gewoonlik lang ure aaneen sit, is die eerste stap om die siklus te breek, beveel Science Daily aan. Staan minstens een keer per uur op en maak ’n koppie tee of drink ’n glas water.

2) Maak ’n reël, byvoorbeeld om op te staan elke keer as jy iemand bel of jou e-posse lees.

3) Moenie dat iemand anders vir jou koffie of tee maak nie. Sê eerder jy sal dit self maak en gee jou sitvlak só ’n blaaskans.

4) Hoewel dit baie sal help om oor middagete 20 of 30 minute te gaan stap, is dit selfs beter om dié oefening deur die dag te versprei, berig Harvard Health. Probeer om ná elke taak ’n draai deur die kantoor te loop.

5) Popular Science stel ’n staan-lessenaar voor. Dit is ’n lessenaar wat omtrent so hoog soos ’n kroegtoonbank is sodat jy kan staan en werk eerder as om te sit. As jy nie kans sien om heeldag te staan nie, is daar ook weergawes wat slegs jou rekenaar oplig sodat jy vir ’n gedeelte van die dag jou werkstasie hoër kan stel.

6) Staan ’n slag in vergaderings. Vergaderings waar almal staan, is ’n nuutjie, volgens artikels in onder meer die Wall Street Journal. Almal is meer gefokus en die vergadering bly kort en kragtig. Daar is deesdae ook staan-lessenaars. As dit te radikaal is, kies ’n verstelbare een sodat jy kan sit of staan.

Lees nou

5 dinge wat jy kan doen om dadelik gesonder te wees

3 wenke vir bobaas-gesondheid