FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Gesond

Sjokolademousse wat diabete ook kan eet

Om ’n diabeet te wees beteken nie jy moet vaal en onsmaaklik eet vir die res van jou lewe nie. Aikôna, daar is baie lekker resepte, soet en sout, met geur en skop, wat ook geskik is vir diabete. Herman deel meer as 50 resepte in die nuwe SARIE Diabetes.

Sjokolademousse

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Maak seker jy gebruik sjokolade van baie goeie gehalte sonder ekstra suiker.

• 50 ml kookwater
• 100 g (120 ml) xilitol-versoeter
• 2 eierwitte
• 200 g 70%-sjokolade, gesmelt
• aarbeie vir voorsit

Bring water en xilitol tot kookpunt in klein pot. Kook 5 minute – bepaal tyd van die oomblik dat water begin kook. Plaas eierwitte in elektriese menger se bak. Klits tot sagte punte vorm. Terwyl menger loop, gooi warm xilitol-stroop geleidelik by. Hou aan klits tot mengsel yskoud is. Vou mengsel vinnig in gesmelte sjokolade in. Verdeel tussen glaskoppies en laat stol sowat 40 minute in yskas. Sit voor met aarbeie.

SARIE-Diabetes_large

SARIE Diabetes sal vanaf Maandag, 21 November 2016 te koop wees.