MOOD gelukkig lees nou
Gesond

Sny die kJ lag-lag só

Maak gewoontes van die 5 wenke op dié blad en jy kan kilojoules (kJ) verminder, die knaende hunkering na trooskos beveg en dalk uiteindelik selfs gewig verloor.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Eet sop

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

 

In ’n opname het vrywilligers wat hul maaltye met ’n laekilojoulesop afgeskop het, 20% minder geëet, volgens die internasionale joernaal Appetite. En ook nie so gou weer honger geword nie

Dink jouself maer

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Eet bewustelik (mindful): fokus op hoe die kos lyk en ruik, en die fisieke sensasie wanneer jy kou en sluk. As jy dan later in die versoeking kom om te eet, visualiseer bloot jou vorige maaltyd in detail. Dis dalk die verskil tussen een koekie en ’n hand vol, volgens Britse navorsing.

Stop tekens

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Los tekens van wat jy geëet het op jou bord: olyfpitte, pizza-kors, selfs stokkies waaraan bv. kaas was. Só stuur jy vir jou brein ’n sein dat jy klaar is, selfs al is dit onbewustelik. Dieselfde beginsel geld as jy springmielies of aartappelskyfies in ’n bakkie sit en nie sommer uit die pakkie eet nie. ’n Leë bakkie = klaar!

Reënboog van kleur

FOTO: Unsplash / Monstruo Estudio

FOTO: Unsplash

Hoe groter die kontras tussen jou kos en jou bord se kleur, hoe minder gaan jy waarskynlik eet, volgens Amerikaanse navorsing. In ’n studie het mense wat pasta met tamatiesous op ’n wit bord moes skep, minder geneem.

Dit ruik so lekker

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Ons eet nie net met ons oë en maag nie, maar ook met ons neus. Vrywilligers wat nagereg met ’n sterk, welriekende geur gekry het, het 5 – 10% minder geëet teenoor dié wie s’n minder geurig was, volgens navorsing in die aanlyn joernaal Flavour. Adem die reuk dus diep in voor jy wegval. Geur jou kos met aromatiese kruie soos gemmer, basilie, kaneel of roosmaryn.

Lees nou