Article-feature-images_ Article 12
Sterker saam

Almal met borste moet hier lees

’n Selfondersoek is die beste manier om borskanker vroeg op te spoor – en mans behoort dit ook te doen.

1Lifetag

Dr. Carol-Ann Benn is een van Suid-Afrika se voorste kenners wanneer dit by borskanker kom en stigter van die Helen Joseph-borskliniek in Johannesburg. Hier beantwoord sy vyf sleutelvrae oor borskanker.

1 Wat is ’n selfondersoek?

Dit is ’n gereelde – gewoonlik maandelikse – ondersoek wat jy self kan doen tuis.

2 Hoe doen ek ’n selfondersoek?

Bestudeer jou borste terwyl jy lê en ook in ’n staande posisie:

  • Lê op jou rug en gebruik jou regterhand om jou linkerbors te ondersoek, en andersom. Hou jou vingers plat bymekaar terwyl jy hulle in ferm, konsentriese sirkels oor elke bors beweeg. Werk van bo na onder en kant tot kant – dit is belangrik om ook die oksels in te sluit.
  • Staan voor ’n spieël met jou hande op jou heupe. Gaan jou borste na vir knoppe, kyk uit vir veranderinge in die grootte of in die vel, insluitend bulte, dimpels of ongewone plooie, pyne, swelsels, rooiheid of ’n uitslag; ’n omgekeerde tepel of een wat van posisie verander het; vloeistof uit ’n tepel; bulte of swelsel onder die arm.

Breast-exam-AFR

3 Wanneer moet ek ’n selfondersoek doen?

Elke maand, net ná jou menstruele siklus. Selfs al het jy ’n mastektomie gehad, moet jy nog steeds die litteken versigtig bekyk om seker te maak dat daar nie veranderinge te bespeur is nie.

Indien jy as gevolg van ’n histerektomie of menopouse nie meer ’n menstruele siklus het nie, doen dan jou selfondersoek op dieselfde dag elke maand.

Mans moet ook een keer ’n maand ’n selfondersoek doen. 

4 Waarom moet ek selfondersoeke doen?

Daar is geen simptome wat borskanker met sekerheid bevestig nie, maar ook geen simptome waarmee dit met sekerheid uitgesluit kan word nie. Selfondersoeke is dus die beste manier om vertroud te raak met wat “normaal” voel vir jou liggaam. Gereelde selfondersoeke sal ook sorg dat jy meer geneig is om aan te klop vir mediese hulp indien jy enige abnormaliteite bespeur. Alle abnormaliteite behoort nagegaan te word, maar onthou 9 uit 10 sal nie kankeraardig wees nie.

5 Wat as ek iets opmerk?

Maak so gou moontlik ’n afspraak met jou dokter of onkoloog, of besoek jou naaste kliniek of hospitaal.

KRY ONMIDDELLIKKE BESKERMING

Maak seker dat jy en jou kinders die nodige dekking het, sou kanker sy verskyning maak. Klik hier vir meer inligting oor die All Woman-polis van 1Life of SMS “woman” na 42711 en 1Life sal jou terugbel.

VIDEO’S

> Wat sal jy doen? Fatima Sherazi is gediagnoseer met borskanker slegs ’n week nadat sy uitgevind het sy is swanger. Sien hoe sy dit hanteer het.

> Pienk stiletto’s. Kyk wat Cheryl de Wit gedoen het op haar laaste dag van chemo en hoe sy geleer het om elke minuut te leef.

Artikel 12 _CTA