Article  9Financial
Sterker saam

Hoe betaal jy vir kankerbehandeling?

Kankerbehandeling kan duur wees. Oorweeg die koste terwyl jy nog gesond is sodat jy in tye van siekte net op herstel kan fokus.

Kankerkoste behels meer as doktersrekeninge, behandeling en hospitale. Maak seker jy en jou geliefdes kan kankernuus finansieel hanteer – daar is planne om te maak.

GEEN ENKELE BEDRAG

Die soort kanker, prognose en behandeling is uiteraard uniek aan elke persoon en daar is dus nie ’n enkele bedrag wat elke gebeurlikheid dek nie, maar van die grootste koste wat jy kan verwag, is:

  • Verlies aan inkomste (soos uitgebreide siekverlof of die onvermoë om te werk)
  • Behandeling (soos chirurgie, radioterapie, chemoterapie, skanderings)
  • Koste ná behandeling (soos fisieke en sielkundige rehabilitasie)
  • Verswakking of siekte vererger (soos spesiael versorging en hospis)

Koste van behandeling

Wat alles kos, is natuurlik ’n groot stuk van die kankerlegkaart. Na gelang van die tipe kanker, kan dit die volgende insluit:

  • Klein prosedures om van sekere kankers ontslae te raak, soos velkanker.
  • Spesialisbehandeling soos chirurgie, radioterapie, chemoterapie, medikasie en aanvullings.
  • Indien kanker in ‘n gevorderde fase is of in ’n laat stadium gediagnoseer word, is behandeling noodwendig meer aggressief en dit maak dinge duurder.

Koste ná behandeling

  • Fisieke en sielkundige terapie of ander rehabilitasie.
  • ’n Rehabilitasie-fasiliteit tydens die herstelproses. Ook bekend as ‘n oorgangseenheid, hier kan jy behandel word nadat jy uit die hospitaal ontslaan word, maar nog nie sterk genoeg is om huis toe te gaan nie.
  • Tuissorg en die opknap van jou huis of voertuig om aan te pas by die gevolge van die siekte.
  • Wanneer behandeling nie meer ’n opsie is nie, kan jy ’n hospis oorweeg. Die meeste van ons is nie toegerus of opgelei om professionele gehalte-tuissorg te gee nie, terwyl ‘n hospis kan help.

Onvoorsiene koste

Mens vergeet dikwels van koste wat nie 100% verband hou met kankerbehandeling nie, maar dit kan juis later ernstige hoofbrekens veroorsaak. Onthou van die:

  • Mediese fonds: Indien jou mediese fonds nie die tipe kanker waarmee jy gediagnoseer word dek nie of jou fondse is uitgeput deur toetse wanneer dokters probeer uitvind wat aan die gang is, sal jy behandeling uit ander bronne moet befonds.
  • Inkomste-beskerming: Indien jy uitgebreide siekteverlof of onbetaalde verlof moet neem, jy word afgelê of moet bedank as gevolg van jou siekte. Kankerbehandeling het ‘n impak op kankerselle en gesonde selle – dit kan sy tol eis.
  • Dekking vir gevreesde siekte: Dit beskerm jou teen kritieke siektes soos kanker deur finansiële ondersteuning te bied vir behandeling, herstel en leefstylaanpassings. Dit sluit ook dekking in vir ernstige toestande soos beroertes, hartprobleme, orgaanversaking en oorplantings.
  • Spesiale dekking vir vroue: Party versekeraars soos 1Life bied ’n polis wat spesifiek vir vroue en hul kinders ontwerp is. Dit dek kanker, komplikasies tydens swangerskap en sistemiese lupus en bied ook mediese, regs- en selfs vervoervoordele. Lees meer oor hierdie polis of SMS “woman” na 42711 en 1Life sal jou terugbel.
  • Lewensdekking: Dit betaal uit in geval van dood om begrafniskoste te dek en jou gesin finansieel by te staan wanneer jy nie meer daar is nie. Party versekeraars bied lewensdekking wat dekking vir terminale siekte insluit: Dit beteken jou volle lewensdekking word uitbetaal terwyl jy nog leef indien jy gediagnoseer word met ’n terminale siekte en die lewensverwagting is minder as 12 maande.

Die finansiële en regsaspekte van kanker is nou verwant. Lees meer oor die regsoorwegings.  

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur 1Life verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Maak seker dat jy en jou kinders voldoende dekking het. Lees verder oor die 1Life All Woman-polis of SMS “woman” na 42711 en 1Life sal jou terugbel.

Vrywaring

Die opinies en ervaringe wat deur die individue in hierdie persoonlike vertellings gedeel word, is geensins daarop gemik om enige produk of diens te bemark of te ondersteun nie – nie kommersieel, in die kleinhandel of andersins nie.