only use on 1life campaign
Sterker saam

Jou beste ‘buddy’ teen kanker

Jou beste kans teen kanker is om die siekte vroeg op te spoor. Hier is 8 maniere om jou kanker-risiko drasties te verlaag, gevolg deur ’n lys van die belangrikste kankertoetse vir elke dekade van jou lewe.

’n Gesonde leefstyl en ’n deeglike jaarlikse mediese ondersoek is van die beste maniere om ernstige siektes – veral kanker – hok te slaan en so vroeg moontlik op te spoor. Gereelde mediese ondersoeke en selfondersoeke verhoog jou kanse op suksesvolle behandeling, algehele herstel en verbeter ook die algehele prognose.

Die hooftipes kanker waarvoor vroue hulself gereeld moet laat toets is borskanker, servikskanker, kolorektale kanker en velkanker.

Daar is 8 eenvoudige dinge wat jy kan doen om jou risiko van kanker drasties te verlaag. Neem ook kennis van die daaropvolgende mediese ondersoeke, wat internasionaal aanbeveel word, vir elke dekade van jou lewe.

8 maniere om jou risiko van kanker te verlaag

  1. Moenie rook nie.
  2. Beperk jou alkoholinname of vermy alkohol heeltemal.
  3. Oefen gereeld en kies om aktief te wees, eerder as onaktief (“sedentary”).
  4. Eet soveel moontlik vrugte, groente en volgraanprodukte. Vermy versadigde vette en transvette.
  5. Handhaaf ’n gesonde gewig vir jou lengte.
  6. Beskerm jou vel heeljaar lank teen die son, en vermy die son waar moontlik.
  7. Beskerm jouself teen seksueel oordraagbare infeksies.
  8. Gaan vir gereelde mediese ondersoeke.

WAT OM WANNEER TE DOEN

Die risiko van kanker verskil van persoon tot persoon, maar daar is algemene riglyne van wat om wanneer te doen – toetse en ondersoeke wat kan help om kanker vroeg op te spoor. Dit sal jou ’n veel beter kans gee vir suksesvolle behandeling en volkome herstel. Dr. Lee-Ann Jones, ’n onkoloog by die Independent Clinical Oncology Network (ICON), gee die volgende riglyne:

In jou 20’s …

Tensy daar ’n familiegeskiedenis is van kanker, of ’n mediese of fisieke toestand wat kommer wek, word gereelde kankerondersoeke nie in jou 20’s aanbeveel nie.

BORSKANKER

Kweek die gewoonte van maandelikse selfondersoeke.

SERVIKSKANKER

Vanaf ouderdom 21 – 29, of sodra jy seksueel aktief raak, beveel die jongste internasionale riglyne aan dat jy elke 3 jaar ’n papsmeer laat doen.

In jou 30’s …

BORSKANKER

Kweek die gewoonte van maandelikse selfondersoeke en bespreek jou risiko van borskanker met jou dokter.

SERVIKSKANKER

Die jongste internasionale riglyne beveel aan dat jy elke 3 jaar gaan vir ’n papsmeer.

VELKANKER

Indien jy ’n geskiedenis het van sonbrand, of ’n groot aantal sproete en/of moesies op jou lyf het, moet jy elke 2 jaar ’n volledige velondersoek by ’n dermatoloog laat doen. Vra ook jou dokter om vir jou te verduidelik hoe jy ’n deeglike selfondersoek doen, en vra waarna jy moet oplet. Ondersoek dan jou vel elke maand en laat jou dokter onmiddellik weet indien ’n sproet of moesie van kleur, vorm of grootte verander.

In jou 40’s …

Deeglike mediese ondersoek elke jaar.

BORSKANKER

Bespreek jou risiko van borskanker met jou dokter. Maandelikse selfondersoek. Mammogram elke 1 – 2 jaar.

SERVIKSKANKER

Die jongste internasionale riglyne beveel aan dat jy elke 3 jaar vir ’n papsmeer gaan.

KOLOREKTALE KANKER

Jaarlikse toets van ontlasting vir verborge (okkulte) bloed. Kolonoskopie elke 5 – 10 jaar indien jy ’n familiegeskiedenis van kolorektale kanker het.

VELKANKER

Indien jy ’n geskiedenis het van sonbrand, of ’n groot aantal sproete en/of moesies op jou lyf het, moet jy elke 2 jaar ’n volledige velondersoek by ’n dermatoloog laat doen. Vra ook jou dokter om vir jou te verduidelik hoe jy ’n deeglike selfondersoek doen, en vra waarna jy moet oplet. Ondersoek dan jou vel elke maand en laat jou dokter onmiddellik weet indien ’n sproet of moesie van kleur, vorm of grootte verander.

In jou 50’s …

BORSKANKER

Maandelikse selfondersoek. Mammogram elke 1 – 2 jaar.

SERVIKSKANKER

Die jongste internasionale riglyne beveel aan dat jy elke 3 jaar vir ’n papsmeer gaan.

ENDOMETRIALE KANKER

Endometrium(interne baarmoederwand)-biopsie tydens menopouse, of soos aanbeveel deur jou ginekoloog, veral indien enige van dié risikofaktore op jou van toepassing is: vetsug, abnormale vaginale bloeding of estrogeenbehandeling (vroulike hormone). Jy hoef nie ondersoek of getoets te word indien jy ’n volle histerektomie gehad het nie.

KOLOREKTALE KANKER

Jaarlikse toets van ontlasting vir verborge (okkulte) bloed. Kolonoskopie elke 5 – 10 jaar om poliepe op te spoor.

LONGKANKER

Jaarlikse laedosis-CT-skandering vanaf ouderdom 55 – 74 indien jy gerook het, of indien jy die afgelope 15 jaar ophou rook het.

VELKANKER

Indien jy ’n geskiedenis het van sonbrand, of ’n groot aantal sproete en/of moesies (beauty spots) op jou lyf het, moet jy elke 2 jaar ’n volle (full body) velondersoek by ’n dermatoloog elaat doen. Vra ook jou dokter om vir jou te verduidelik hoe jy ’n deeglike selfondersoek doen, en vra waarna jy moet oplet. Ondersoek dan jou vel elke maand en laat jou dokter onmiddellik weet indien ’n sproet of moesie van kleur, vorm of grootte verander.

In jou 60’s …

BORSKANKER

Maandelikse selfondersoek. Mammogram elke 1 – 2 jaar.

SERVIKSKANKER

Papsmeer elke 3 jaar tot ouderdom 65, indien jou dokter tevrede is dat jy voldoende kere negatief getoets het in die verlede en dat jy nie ’n hoërisiko-geval is nie. Jy hoef nie ondersoek of getoets te word indien jy ’n volle histerektomie gehad het nie.

ENDOMETRIALE KANKER

Endometrium(interne baarmoederwand)-biopsie tydens menopouse, of soos aanbeveel deur jou ginekoloog, veral indien enige van dié risikofaktore op jou van toepassing is: vetsug, abnormale vaginale bloeding of estrogeenbehandeling (vroulike hormone).

KOLOREKTALE KANKER

Jaarlikse toets van ontlasting vir verborge (okkulte) bloed. Indien jy nog nooit voorheen vir kolorektale kanker getoets is nie, word ’n eenmalige kolonoskopie of sigmoïdoskopie aanbeveel. Kolonoskopie elke 5 – 10 jaar om poliepe op te spoor en te verwyder; meer gereeld indien poliepe teenwoordig is.

LONGKANKER

Jaarlikse laedosis CT-skandering vanaf ouderdom 55-74 indien jy gerook het, of jy ophou rook het in die afgelope 15 jaar.

VELKANKER

Indien jy ’n geskiedenis het van sonbrand, of ’n groot aantal sproete en/of moesies (beauty spots) op jou lyf het, moet jy elke 2 jaar ’n volle (full body) velondersoek by ’n dermatoloog laat doen. Vra ook jou dokter om vir jou te verduidelik hoe jy ’n deeglike selfondersoek doen, en vra waarna jy moet oplet. Ondersoek dan jou vel elke maand en laat jou dokter onmiddellik weet indien ’n sproet of moesie van kleur, vorm of grootte verander.

In jou 70’s …

BORSKANKER

Mammogram elke 1 – 2 jaar vir solank as wat jy nog ’n lewensverwagting van ten minste 10 jaar het. Volgens internasionale riglyne kan mammogramme gestaak word in hierdie ouderdomsgroep, maar bespreek eers jou risiko met jou dokter.

SERVIKSKANKER

Indien jy nie gereeld gedurende jou leeftyd getoets is nie, moet jy voortgaan met ’n papsmeer elke 3 jaar tot ouderdom 70 – 75. Jy hoef nie ondersoek of getoets te word indien jy ’n volle histerektomie gehad het nie.

ENDOMETRIALE KANKER

Endometrium(interne baarmoederwand)-biopsie tydens menopouse, of soos aanbeveel deur jou ginekoloog, veral indien enige van dié risikofaktore op jou van toepassing is: vetsug, abnormale vaginale bloeding of estrogeenbehandeling (vroulike hormone).

KOLOREKTALE KANKER

Jaarlikse toets van ontlasting vir verborge (okkulte) bloed. Indien jy tot dusver nog nooit vir kolorektalekanker getoets is nie, word ’n eenmalige kolonoskopie of sigmoïdoskopie aanbeveel. Kolonoskopie elke 5 – 10 jaar om poliepe op te spoor en te verwyder; meer gereeld indien poliepe teenwoordig is.

LONGKANKER

Jaarlikse laedosis-CT-skandering vanaf ouderdom 55 – 74 indien jy gerook het, of indien jy die afgelope 15 jaar ophou rook het.

VELKANKER

Indien jy ’n geskiedenis het van sonbrand, of ’n groot aantal sproete en/of moesies (beauty spots) op jou lyf het, moet jy elke 2 jaar ’n volle (full body) velondersoek by ’n dermatoloog laat doen. Vra ook jou dokter om vir jou te verduidelik hoe jy ’n deeglike selfondersoek doen, en vra waarna jy moet oplet. Ondersoek dan jou vel elke maand en laat jou dokter onmiddellik weet indien ’n sproet of moesie van kleur, vorm of grootte verander.

Deel jou ervaringe van kanker – help om lewens ten goede te verander en ander te inspireer.

Deel jou storie of iemand wat jy ken se storie HIER

Soms is kanker onvermydelik en dan is beskerming baie belangrik. Lees verder vir meer oor die 1Life All Woman-polis, spesiaal ontwerp om vroue en hul kinders by te staan in sulke tye van nood.

Vrywaring

Die opinies en ervaringe wat deur die individue in hierdie persoonlike vertellings gedeel word, is geensins daarop gemik om enige produk of diens te bemark of te ondersteun nie – nie kommersieel, in die kleinhandel of andersins nie.