Article 10Legal
Sterker saam

Leef lig en beplan vir die ergste

Moenie wag vir ’n kankerdiagnose of ernstige siekte om voorsiening te maak vir jou geliefdes nie.

Tydens ’n kankerdiagnose kan regsaspekte en finansiële bekommernisse ekstra spanning veroorsaak. Die truuk is om vooraf te dink oor ingewikkelde vrae soos wie gesondheidsorgbesluite gaan neem wanneer jy nie meer kan nie, wie na jou kinders gaan omsien of jou geld gaan bestuur. Wees proaktief en besluit nou oor die moeilike dinge, eerder as later.

STAP 1 – HET JY VOLDOENDE DEKKING?

Om die regte versekering te kry, kies altyd die beste dekking wat steeds in jou begroting pas. Dink aan die kort-, medium- en langtermyn. Dit moet onder meer dekking insluit vir:

  • Ernstige beserings – soos inkomste-beskerming en ongeskiktheidsdekking.
  • Ernstige siekte – soos gevreesdesiekte-dekking.
  • Dood – soos lewensversekering (selfs al het jy nie afhanklikes nie).
  • Jou kinders se toekoms – soos ’n opvoedings- of studie-paarplan.
  • Eiendom – soos lewensversekering om jou huislening te dek indien jy sterf.
  • Aftrede – soos ’n pensioenplan of uittree-annuïteit.

STAP 2 – KEN JOU ABC’s

Om te bepaal waaroor jy moet dink wanneer jy die regsaspekte deurdink, gebruik dié eenvoudige ABC’s:

  1. Bepaal jou behoeftes en kies die beste wat jy kan bekostig onder elk van die ses onder HET JY VOLDOENDE DEKKING? hierbo. Kry raad by ’n betroubare finansiële adviseur indien jy hulp nodig het om te besluit.
  2. Voeg jou maandelikse uitgawes by.
  3. Maak voorsiening vir onverwagse uitgawes, bv. spaarplan, belastingvrye spaarrekening, beleggings soos effektrusts of vaste deposito’s.

STAP 3 – ONTHOU

Lewensveranderinge

Pas jou begunstigdes aan soos jy deur verskillende lewenstadiums gaan – trou, huis koop, ’n gesin begin, aftree, ens. Besluit oor sake soos wie jou kinders se voogouer(s) is.

Volmag

Wanneer kanker of ’n ernstige siekte gediagnoseer word, is dit ’n goeie idee om ’n vertroueling volmag te gee. Dit beteken hulle kan namens jou optree in private, regs- of sake-aangeleenthede indien jy nie meer kan nie. Teken die volmagvorms terwyl jy goeie gesondheid geniet en helder kan dink. Dit sal in die toekoms verskeie regsprobleme uit die weg ruim vir jou geliefdes.

Testament

Daar is twee tipes:

  • ’n Lewende testament stipuleer watter mediese sorg jy aan die einde van jou lewe wil hê, ingeval jy nie meer kan kommunikeer nie. Soos die naam van hierdie testament aandui, is dit nie meer geldig nadat jy sterf nie.
  • ’n Testament bevat jou wense met verwysing na dinge soos finansies en wat met jou besittings moet gebeur. Stel ’n eksekuteur aan om jou wense uit te voer. Dink versigtig oor wie jy aanstel en maak seker die persoon verstaan jou keuses.

STAP 4 – MOENIE UITSTEL NIE

  • Vra raad. Praat met jou versekeraar of finansiële adviseur en raadpleeg ’n prokureur, veral as jy eiendom, beleggings, aandele, ’n besigheid of ander bates besit.
  • Gratis dienste. Daar is gratis adviesdienste beskikbaar, soos Truth About Money (sien www.truthaboutmoney.co.za), wat jou onder meer kan help om ’n testament op te stel of ’n boedel uit te voer.
  • Banke. Die meeste groot banke bied trustfonds- en fidusiêre dienste aan. Hulle sal ook jou testament veilig bewaar indien jy ’n bankbeampte as eksekuteur aanstel.

Die regsaspekte en finansiële oorwegings van ’n kankerdiagnose is baie nou verwant. Lees meer oor die finansies.

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur 1Life verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Maak seker dat jy en jou kinders voldoende dekking het. Lees verder oor die 1Life All Woman-polis of SMS “woman” na 42711 en 1Life sal jou terugbel.

Vrywaring

Die opinies en ervaringe wat deur die individue in hierdie persoonlike vertellings gedeel word, is geensins daarop gemik om enige produk of diens te bemark of te ondersteun nie – nie kommersieel, in die kleinhandel of andersins nie.

Deel jou storie en inspireer ander