6 - 1Life - Article 6 - Nominations
Sterker saam

Ons is sterker saam #StrongerTogether

Ontmoet ’n paar van die vroue wat benoem is in die #StrongerTogether-veldtog vir kankerbewustheid.

Fatima Sherazi

Fatima was oorstelp van vreugde toe sy hoor sy is swanger met haar tweede seun, want sy wou lankal nog ’n kind gehad het.

Maar net ’n week later het die ondenkbare gebeur: sy is gediagnoseer met borskanker. Die dokters het haar sterk afgeraai om chemoterapie te kry terwyl sy swanger is. Hulle het gesê dat sy waarskynlik ’n aborsie sal moet ondergaan omdat sy onmiddellik behandel moes word – die risiko dat die kanker sou versprei indien hulle wag totdat die baba gebore word, was te groot.

Fatima moes dus die heel moeilikste besluit neem: haar eie lewe of dié van haar ongebore baba…

Met geweldige wilskrag het Fatima voet by stuk gehou en verseg om haar droom van ’n tweede baba prys te gee. Merkwaardig het sy in een stuk anderkant uitgekom – met ’n pragtige, gesonde klein seuntjie wat haar oneindige geluk bring. Haar lewe bewys ons is sterker as ons saamstaan. #StrongerTogether

René Viljoen

“Jou kind het kanker.” Dis woorde wat geen ouer ooit wil hoor nie. Toe René en haar man, Willem, gehoor het dat hulle 11-jarige dogter, Winé, ’n aggressiewe vorm van breinkanker het, was dit dus asof hul hele wêreld inmekaar getuimel het.

In die daaropvolgende maande het René haar dogter dag en nag versorg. Hulle het ook ’n klein woonstelletjie naby die hospitaal gehuur sodat sy vir Winé kon vat vir behandeling. Terselfdertyd het sy hul gesin bymekaargehou.

Toe Winé nege maande ná sy gediagnoseer is haar stryd teen kanker verloor het, is haar ouers en 10-jarige broer in rou gedompel.

René het nog nooit haar storie in die openbaar vertel voordat sy besluit het om dit te doen as deel van die Sterker Saam-veldtog nie. #StrongerTogether

Sy onthou hoeveel krag en ondersteuning sy kon put uit die gedeelde ervaringe van mense wie se lewens ook deur kanker geraak is.

Maphuti Marogoa

Toe Maphuti vir haar gereelde papsmeer gaan en uitvind dat sy servikskanker het, was sy verstom. Gelukkig is die kanker vroeg ontdek en dit het haar kanse op suksesvolle behandeling aansienlik verbeter.

Maphuti, nou kankervry, sê sy het nuwe waardering vir die lewe gekry. Terwyl sy behandeling ondergaan het, kon sy nie ’n toekoms ná kanker sien nie. Vandag praat sy egter gereeld oor haar ervaringe by gesondheidspraatjies waar sy vroue aanmoedig om te gaan vir gereelde ondersoeke en mooi na hulself te kyk. Haar lewe bewys ons is sterker saam. #StrongerTogether.

Anjolien Brink

’n Gewone vrou wat ’n ongewone swaar las moes dra – dis die beste manier om Anjolien te beskryf, want sy moes al haar ma, haar tweelingsuster en haar man bystaan ná hulle elkeen met kanker gediagnoseer is.

Sy het die idee dat ons sterker saam is – #StrongerTogether – verpersoonlik deur haar man, Stephan, te versorg toe hy velkanker gekry het. Sy het ook hul twee kinders deel gemaak van sy herstelproses en sodoende hul gesin bymekaargehou.

Stephan is nou kankervry en hy is ’n man met ’n plan om Suid-Afrikaners in te lig en op te voed oor sonveiligheid.

Van die oomblik dat sy haar agtergrond as onkologieverpleegster aangewend het om daarop aan te dring dat Stephan die klein kolletjie aan die kant van sy neus laat ondersoek, totdat sy die onverwagse nadraai van sy operasie moes hanteer en die wond self versorg het, het Anjolien deur en deur bewys dat ons sterker is as ons saamstaan. #StrongerTogether

  • Lees Anjolien se storie hier #StrongerTogether
  • Lees haar ma, Ester Pretorius, se storie hieronder #StrongerTogether
  • Deel die storie van ’n lewe wat deur kanker geraak is en jy word dalk verras met ’n besonderse ervaring #StrongerTogether

Ester Pretorius

Alhoewel sy nou al 20 jaar in remissie is met kanker van die stembande, vertel Ester Pretorius steeds met groot entoesiasme haar storie omdat sy destyds besef het dat ons almal ons stembande as vanselfsprekend aanneem.

Sy was vasberade dat haar stembande nie verwyder moes word nie omdat sy so graag met haar kleinkinders wou lag en gesels. En tot dusver was sy nog suksesvol.

Ester maak ook ’n beduidende verskil in die lewe van ander deurdat sy ’n kursus voltooi het in tuisversorging vir kankerpasiënte, sy het al verskeie fondsinsamelings help reël het en sy help uit met kindersorg en die bestuur van ’n voedingskema.

Wanneer iemand pas ’n kankerdiagnose ontvang het, bring sy hulle in verbinding met kankerpasiënte wie se lewens positiewe bewys lewer dat jy wel met kanker kan saamleef. #StrongerTogether

Geleenthede soos Relay for Life (www.relayforlife.org.za) is ook vir Ester belangrik omdat dit naasbestaandes en ondersteuners ’n kans bied om die kankerpasiënte wat hulle stryd teen die siekte verloor het, te onthou.

Cheryl de Wit

Cheryl spot graag dat haar agtjarige dogter, Adele, eintlik 53 is. Want dis haar dogter wat haar staande gehou het toe sy moes herstel nadat sy met borskanker gediagnoseer is.

Toe Cheryl gesukkel het om die woorde te vind, was dit ook Adele wat haar help insien het dat sy maar oor haar kankerdiagnose kan praat en dit nie hoef weg te steek nie. Soos net ’n kind kan, het Adele haar ma herinner dat reguit praat altyd die beste manier is. Nadat sy ’n mastektomie en rekonstruksie moes ondergaan, het Cheryl chemoterapie gehad. Sy is nou in remissie en werk sonder ophou om bewustheid te skep van kanker en kankerpasiënte te ondersteun.

Sy is altyd reg met ’n grappie en lag maklik terwyl sy vertel van haar wedervaringe waardeur sy ander inspireer. Sy is ook ’n groot gees as dit kom by die Relay for Life (www.relayforlife.org.za) en sy help organiseer jaarliks een van dié geleenthede.

  • Deel die storie van ’n lewe wat deur kanker geraak is en jy word dalk verras met ’n besonderse ervaring #StrongerTogether

Jane Eagar

Jane is ’n kunsredakteur en leef in elke opsig ’n kleurryke lewe – sy is versot op oranje en dra dit byna elke dag. Sy het nooit vir ’n oomblik gedink dat haar lewe deur kanker geraak sou word nie.

Maar twee jaar gelede is dit juis wat gebeur het. Toe sy met borskanker gediagnoseer is, het sy die nuus met haar gewone lewenslus en positiewe gesindheid aangepak. Haar moed was egter laag ná ’n groot operasie wat ’n mastektomie en rekonstruksie ingesluit het.

Sy het haarself herontdek danksy die aandag en sorg van mense wat vir haar omgegee het – familie, vriende, kollegas, haar mediese span en selfs vreemdelinge – weer eens bewys dat wanneer dit by kanker kom is ons werklik sterker saam. #StrongerTogether.

Vandag beoefen sy weer haar voormalige aktiewe lewenstyl en geniet sy en haar man hul pragtige agtjarige dogter wat in ’n elegante jong vrou aan’t ontpop is.

Deel die storie van ’n lewe wat deur kanker geraak is en jy word dalk verras met die ervaring van ’n leeftyd #StrongerTogether

Deel jou storie HIER

In een of ander stadium raak kanker elkeen van ons se lewens aan. Dis belangrik om goed ingelig te wees sodat jy weet watter tekens om voor uit te kyk. Finansiële beskerming is ewe belangrik. Lees meer oor die 1Life All Woman-polis wat spesiaal ontwerp is om vroue en hul kinders by te staan ten tyde van ’n kankerdiagnose, insluitend noodsaaklike voordele om te help in ’n noodgeval.

Vrywaring

Die opinies en ervaringe wat deur die individue in hierdie persoonlike vertellings gedeel word, is geensins daarop gemik om enige produk of diens te bemark of te ondersteun nie – nie kommersieel, in die kleinhandel of andersins nie.

1Life

Is jou lewe of dié van iemand na aan jou deur kanker geraak? Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur 1Life verras te word met die ervaring van ’n leeftyd. #StrongerTogether